Poetin, IMF bespreek Griekse krisis

Die Russiese President, Vladimir Poetin het die Internasionale Monetêre Fonds se bestuurshoof, Christine Lagarde genader om die Griekse referendum te bespreek. Hulle probeer ‘n werklike oplossing kry vir die land se skuldkrisis. Lagarde het gesê dat verskeie lande in Latyns-Amerika en Afrika haar vir haar ongenaakbare houding teenoor die Griekse krisis blameer. Met die huidige

Lees verder: Poetin, IMF bespreek Griekse krisis

Premier stom oor haatspraak-skuldigbevinding

Premier Sylvia Lucas sê haar regspan gaan die uitspraak van die Gelykheidshof – waarin sy skuldig bevind is aan haatspraak – bestudeer voordat sy enige kommentaar lewer of ‘n besluit daaroor neem. Die saak hou verband met ‘n toespraak in 2010 waarin sy die verbode woord “hotnot” gebruik het. Die hof het beveel dat Lucas

Lees verder: Premier stom oor haatspraak-skuldigbevinding

Waterbeperkings in Bloemfontein afgekondig

‘n Kritieke waterskaarste weens klimaatsverandering en min reën staar die Mangaung-metro in die gesig. Volgens die munisipale woordvoerder, Qondile Khedama, is die tekort aan water besig om ‘n algemene probleem in stede te raak. Waterbeperkings is Vrydag op ‘n raadsvergadering vir Bloemfontein, Botshabelo en Thaba Nchu afgekondig. Khedama sê die metro, soos in enige ander

Lees verder: Waterbeperkings in Bloemfontein afgekondig

Kovsies het twee weke vir verweer teen lastereis

Die Universiteit van die Vrystaat het twee weke om verdediging aan te teken en daarna ‘n verdere drie weke om ‘n verweerskrif te liaseer in ‘n skadevergoedingsaak. Twee voormalige Kovsies, Charl Blom en Cobus Muller, eis R6,15 miljoen van die instansie en sy rektor, Jonathan Jansen. Die eis spruit uit ‘n voorval waarin die twee

Lees verder: Kovsies het twee weke vir verweer teen lastereis

Premier waarsku dat weermag in Mamelodi ontplooi kan word

Gauteng se premier, David Makhura, sê indien nodig sal die weermag in die geweldgeteisterde Mamelodi, oos van Pretoria, ontplooi word waar taxi-operateurs teen die nuwe busdiens in opstand gekom het. Hy het op ‘n openbare vergadering aan inwoners gesê meer polisielede sal ook ontplooi word indien dit nodig sou wees. Minibus-taxibestuurders het Donderdag en Vrydag

Lees verder: Premier waarsku dat weermag in Mamelodi ontplooi kan word

Patoloë na Lesotho om sluipmoord te ondersoek

Die kantoor van adjunk-president Cyril Ramaphosa sê twee Suid-Afrikaanse patoloë gaan na Lesotho gestuur word om die omstandighede te ondersoek rondom die dood van die voormalige weermagbevelvoerder, luitenent-generaal Maaparankoe Mahao. Ondersoekbeamptes van Zimbabwe en Namibië sal ook deel wees van die ondersoek. Leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsmeenskap het Vrydagaand ‘n dringende ondersoek na sy dood

Lees verder: Patoloë na Lesotho om sluipmoord te ondersoek

Prins Harry in Omaruru opgemerk

“Good morning, is it Prince Harry of England?” So het die ontmoeting in die Spar-inkoopsentrum op Omaruru Donderdagoggend net voor die middaguur begin. ’n Paar stondes later het dit in ’n handdruk tussen Hanni Griebel van die sentrum en die koningskind oorgegaan. En ook Edna Botha het ’n handdruk gekry. Die Engelse prins is met

Lees verder: Prins Harry in Omaruru opgemerk

Vermeende ontvoerder weer voor

‘n Vermeende swart misdadiger, Fannie Mathebula, wat aangekeer is nadat hy glo ‘n skoolkind in Glen buite Bloemfontein ontvoer het, verskyn na verwagting Maandag weer in die Bloemfonteinse landdroshof. Mathebula het vroeër in die hof verskyn in verband met ‘n gesteelde motor. Daar word beweer dat Mathebula op 10 Junie die skoolkind ‘n rygeleentheid skooltoe

Lees verder: Vermeende ontvoerder weer voor

Oudste lewende Springbok oorlede

Die oudste lewende Springbok rugbyspeler, Piet Malan, is Sondagoggend in die Wilgeheuwel-hospitaal in Roodepoort oorlede, het die Centurion Rekord berig. Malan het op 13 Februarie vanjaar 96 jaar oud geword en hy was reeds sedert 2005 die oudste lewende Springbok rugbyspeler. Hy is onlangs met kanker gediagnoseer. Hoewel hy tussen 1945 en 1951 ’n gevestigde

Lees verder: Oudste lewende Springbok oorlede

Prasa ontken dat nuwe treine te hoog is

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het berigte ontken dat 13 nuwe lokomotiewe wat vanaf Spanje ingevoer word, te hoog is vir plaaslike spoortoestande, het RSG berig. Prasa het gereageer op Sondagkoerantberigte dat die diesellokomotiewe ten bedrae van 600 miljoen rand, oorhoofse elektriese kabels kan beskadig. Die lokomotiewe is na bewering gekoop ten spyte van waarskuwings

Lees verder: Prasa ontken dat nuwe treine te hoog is