Wel, nou het ons dit. Ons president na die volgende verkiesing gaan Zuma, 'n Zoeloe, wees. Hy is vrygespreek op tegniese foute alleenlik, deur die NVG begaan, foute wat toevallig tot sy guns uitgespeel het. Daar is nog nie in ‘n hof bepaal of hy korrup is al dan nie. Die feit dat hy so hard gepoog het om te keer dat verdoemende dokumentasie in ‘n hof opteken word, sal altyd ‘n vraagteken bly.
Indi?rman doodgeskiet naby William Nicol-afrit op N1
08:20:42 'n 32-jarige Indiërman is gisteroggend op die N1-snelweg naby die William Nicol-afrit deur vier klipkapers doodgeskiet.
Lees verder: Indi?rman doodgeskiet naby William Nicol-afrit op N1
Nuwe minister wil Vigs beveg
17:47:55 Suid-Afrika se nuwe gesondheidsminister Barbara Hogan het beloof om topprioriteit te gee aan Vigs na 'n geskil van jare oor haar voorganger se onkonvensionele steun vir beet en knoffel as behandelings.
Popcru eis kop van Gauteng-polisiekommissaris
17:46:05 Lede van die Polisie- en prisoniersburgerregte-unie (Popcru) het geëis dat Gauteng se polisiekommissaris Perumal Naidoo afgedank word. Popcru het Donderdag 'n protesoptog in Johannesburg gehou.
Baloyi meld as minister aan
17:12:55 Die nuwe minster vir staatsdiens en administrasie, Richard Baloyi, het vandag vir werk aangemeld. Baloyi het gesê dat dit "besigheid soos
gewoonlik" is.
VF Plus begin ruggraat wys
16:42:29 Vandag se voorval waarin twee munisipale raadslede van die Vryheidsfront Plus uitgejaag is, gee blyke van 'n welkome aanvallende houding aan die kant van die Vryheidsfront Plus. Die DA se houding, daarenteen, verdien kritiek omdat dié party in die Groter Pretoriaraad (ons weier om die aaklige T-woord te sê) blykbaar wil hê dat die twee jong raadslede, Conrad Beyers en Cornelius Janse van Rensburg, dissiplinêr verhoor moet word omdat hulle dit gewaag het om ANC-lede en veral die helde wat hulle vereer "terroriste" te noem.
2 miljoen vals Indiese pille vir Afrika
Doeanebeamptes by die Brusselse lughawe het meer as 2 miljoen vervalste tablette en pille gekonfiskeer wat van Indië af na Afrika onderweg was. Dit was die grootste besending medisyne ooit van dié aard, het beamptes gesê.
Mantashe s? Mbeki-faksie wou markte knou
Gwede Mantashe het Donderdag gesê die Presidensie se aankondiging dat Trevor Manuel bedank het saam met ander kabinetslede, is met opset gedoen om die finansiële markte te knou. Hy sê selfs die lys ministers is uitgereik met die doel om die markte te laat tuimel. Met hulle vinnige optrede om 'n krisis te verhoed is almal die ergste uitkoms egter gespaar.
VF Plus-raadslede uitgejaag
15:48:44 Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die uitjaag van twee VF Plus-raadslede uit die raadsvergadering van die Tshwane-metroraad, nadat
hulle ernstige kapsie gemaak het teen die verandering van 27 historiese straatname in Pretoria, dui op onverdraagsaamheid deur die ANC sodra ware opposisie teen hulle vergrype gebied word.
Lambo se bielie van ‘n bul
Gryp die kinders en gooi die gholfsstokke in. Italië se Lamborghini pronk by Parys se motorskou met 'n reisvaardige konsepmotor wat 1.35m hoog,
5.15m lank en 1.99m wyd is en mense wat in die vinnige baan beweeg gaan aanlok.
