VF Plus-raadslede uitgejaag

15:48:44 Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die uitjaag van twee VF Plus-raadslede uit die raadsvergadering van die Tshwane-metroraad, nadat

Image

Conrad Beyers

hulle ernstige kapsie gemaak het teen die verandering van 27 historiese straatname in Pretoria, dui op onverdraagsaamheid deur die ANC sodra ware opposisie teen hulle vergrype gebied word.

VF Plus-raadslede, Conrad Beyers en Cornelius Jansen van Rensburg, is deur die ANC-speaker, mnr. Korombi Dau, gelas om die raadsvergadering te verlaat omdat hulle in toesprake gesê het dat die ANC steeds soos 'n terroriste-organisasie optree deur name van historiese belang te wil saboteer en na sogenaamde "struggle-helde" te verander.

Die VF Plus het ook sy teleurstelling uitgespreek teenoor die Demokratiese Alliansie (DA) wat versoek het dat die VF Plus se raadslede dissiplinêr aangekla moet word oor hulle opmerkings.

Beyers het in sy toespraak gesê dat sommiges se helde vir andere booswigte is en omgekeerd, en dat alle groepe in die land mekaar se geskiedenis moet respekteer. Die vergadering het in chaos ontaard toe hy gesê het dat talle persone wat deur die ANC as helde beskou word, deur andere as 'moordenaars en terroriste' beskou word.

Jansen van Rensburg het gesê dat die ANC hulle soos '"terroriste in regering" gedra deur minderhede se geskiedenis te beledig en uit te wis.  "Die VSA is gelukkig – hulle terroriste sit ver weg in die Midde-Ooste. Ons s'n sit reg binne-in die regering", het hy gesê.

 Beide VF Plus-raadslede het geweier om hulle opmerkings terug te trek, waarna die speaker hulle gevra het om die vergadering te verlaat.

Die VF Plus het gesê dat die ANC se onverantwoordelike naamsveranderinge tot polarisasie van die Suid-Afrikaanse bevolking lei en versoeningspogings in die wiele ry.

Die VF Plus het benadruk dat 'n onderhandelde akkoord in Suid-Afrika nodig is wat die naamkwessie kan hanteer om te verhoed dat dit die samelewing verder polariseer.

баня под ключ ценаtopcargo отзывы