Nuwe minister wil Vigs beveg

Image

Barbara Hogan

17:47:55 Suid-Afrika se nuwe gesondheidsminister Barbara Hogan het beloof om topprioriteit te gee aan Vigs na 'n geskil van jare oor haar voorganger se onkonvensionele steun vir beet en knoffel as behandelings.

Hogan het Manto Tshabalala-Msimang vervang wat uit haar pos verwyder is toe president Kgalema Motlanthe verlede maand 'n nuwe kabinet aangewys het nadat Thabo Mbeki as staatshoof bedank het.

Ofskoon die land een van die wêreld se swaarste MIV-laste in die gesig staar, beskuldig Vigs-aktiviste die regering daarvan dat hy voete sleep terwyl die siekte miljoene Suid-Afrikaners se lewens verwoes. Hogan het op 'n nuuskonferensie gesê houding en bewustheid oor MIV en Vigs het verbeter maar aanhoudende en konsekwente werk en politieke leierskap is nodig om die boodskap oor te dra.

Suid-Afrika het een van die hoogste voorkomste van MIV in die wêreld met 'n beraamde 500 000 mense wat jaarliks besmet word. Ongeveer 'n duisend sterf daagliks van Vigs-verwante siektes. Hogan sê sy gaan druk uitoefen om teen-retroviale medisyne by soveel as moontlik mense uit te kry. Sy gaan goedkoop oplossings en politieke speletjies vermy.

Tshabalala-Msimang het die bynaam 'Dr Beet' gedra vir haar ondersteuning van beet, knoffel en ander kossoorte as behandeling vir MIVVigs. Sy is deur wetenskaplikes en voetsoolvlakaktiviste daarvan beskuldig dat sy die siekte ontken. Mbeki is kort ná sy bewindsaanvaarding in 1999 skerp gekritiseer toe hy aanvaarde Vigs-wetenskap bevraagteken het en versuim het om lewegewende teen-retroviale medisyne algemeen beskikbaar te stel.

play slot onЛобановский

Maak 'n opvolg-bydrae