Arren Mahabeer was saam met sy verloofde op pad na 'n in Durban toe hy oor klippe in die pad gery het wat die motor se band beskadig het. Toe hy uitklim om ondersoek in te stel, het vier mans hom genader en met sy eie pistool doodgeskiet.
Mahabeer se verloofde, me. Velash Naidoo (31), het hom tot aan die einde aan die lewe probeer hou nadat 'n ambulans deur mev. Amanda Joubert van A1 Assist-insleepdienste ontbied is.
Volgens Naidoo, het sy die oorledene teen die klippe in die pad probeer waarsku. Die voertuig het uiteindelik op die brug oor die Jukskeirivier tot stilstand gekom. Dit is min of meer halfpad tussen die William Nicol- en Hans Strijdom-afritte op die N1, een van Suid-Afrika se besigste deurpaaie.
Twee ander motors het ook oor die klippe wat in 'n lokval gestel is, gery, volgens Mark Stokoe, 'n woordvoerder van Netcare 911. Een van die motors wat ook met 'n beskadigde band stilgehou het, het egter weggejaag toe die befamiliebyeenkoms stuurder die vier rowers aangestap gesien kom het.
Die rowers het selfone, beursies en 'n skootrekenaar van Mahabeer en Naidoo gebuit.
