Provinsiale woordvoerder Benzi Ka-Soko sê Naidoo het versuim om baie probleme in die polisiediens, soos rassisme, aan te spreek. Hy sê 'n ondersoek is na die saak ingestel maar die aanbevelings is nooit uitgevoer nie.
Die betogers het ook salarisaanpassings vir nuwe lede van die polisiediens geëis. Ka-Soko sê hulle stel 'n ultimatum en verwag van Naidoo om dringende aandag aan die sake te gee.
