VF Plus begin ruggraat wys

16:42:29 Vandag se voorval waarin twee munisipale raadslede van die Vryheidsfront Plus uitgejaag is, gee blyke van 'n welkome aanvallende houding aan die kant van die Vryheidsfront Plus. Die DA se houding, daarenteen, verdien kritiek omdat dié party in die Groter Pretoriaraad (ons weier om die aaklige T-woord te sê) blykbaar wil hê dat die twee jong raadslede, Conrad Beyers en Cornelius Janse van Rensburg, dissiplinêr verhoor moet word omdat hulle dit gewaag het om ANC-lede en veral die helde wat hulle vereer "terroriste" te noem.

Was dit nie Nelson Mandela wat gesê het dat "sommige terroriste staatshoofde word" nie? Mandela en Moeammar Kadaffi is twee goeie voorbeelde van staatshoofde wat op een of ander stadium van hul politieke loopbane hulself tot terreur en geweld teen burgerlikes gewend het. Ten minste het Mandela nie gepoog om sy rol in die besluit om die Kerkstraatbom te plaas te ontken nie. Die benaming "terroris" pla hom kennelik ook nie.

Dis daarom moeilik om in te sien waarom die ANC-lede in Pretoria so onsteld raak as hulle terroriste genoem word, gegewe die vele mense in hul party wat in die verlede – en die hede, as mens Julius Malema in ag neem – terreur, intimidasie en geweld as praktiese politiek beskou het.

Die reaksie van die Vryheidsfront Plus-raadslede op die naamsveranderings wat vir historiese straatname in Pretoria beplan word, is ook heeltemal geregverdig. Die ANC in Pretoria is reeds jare lank besig met 'n uittartende houding jeens die inheemse Afrikanerbevolking van dié stad. Eers was dit die naam van die stad wat moes verander na die gedrogtelike "gespikkelde koei" of "plek van die aap" of wat dit ook al mag beteken. Nou is straatname in die oustad van Pretoria, wat die hart van die Afrikaner se republikeinse verlede verteenwoordig, in die visier van die magsbehepte ANC-raad.

Dat die ANC besig is met kulturele vandalisme en 'n vorm van sielkundige terreur jeens die mense wat grotendeels die salarisse van die munisipale diktators betaal, is gewis. Dat raadslede wat die Afrikanerbelang in die raad verteenwoordig dit in dié terme verwoord, is onvermydelik want hulle kiesers, asook die miljoene Afrikaners in Pretoria en elders verwag dit van hulle.

Terwyl die Vryheidsfront Plus in die onlangse verlede 'n mate van versigtigheid en diplomasie aan die dag gelê het, het die DA met sy meer aggressiewe benadering vele Afrikanerstemme gelok. Deur die onhoudbare aanvalle op Afrikaans en die Afrikaner in Pretoria vierkant te konfronteer, kan die party net veld wen.

домики для детейданильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae