Brittanje hou aanstons ‘n referendum om te besluit of die land die Europese Unie moet verlaat. Die pond het intussen verder teruggesak met die nuus dat Brittanje die EU waarskynlik gaan verlaat en die banksektor Londen is glo besig met skadebeheer. Die koninkryk sal op 23 Junie stem daaroor en voorbereidings word reeds getref in
VN reël droogtekonferensie in Windhoek
Meer as 600 deelnemers word by die eerste Afrika Droogtekonferensie verwag wat vanaf 15 tot 19 Augustus in Windhoek sal plaasvind. Die konferensie sal ’n tegniese sessie insluit waaraan kenners sal deelneem, gevolg deur ’n hoëvlaksessie waartydens ministers in Afrika en verteenwoordigers van VN-agentskappe teenwoordig sal wees. Die tema is “Die verbetering van veerkragtigheid teen
VK-gesant na Namibië
Die Verenigde Koninkryk se minister belas met Afrika, James Duddridge, het dié week besoek aan Namibië gebring. Duddridge is die ondersekretaris van buitelandse sake in die buitelandse sake en Statebondkantoor. Voor hy in 2005 tot die politiek toegetree het, was hy onder meer tien jaar lank in die bankwese in Afrika en Londen waar hy
Hillary preek oor ‘ongelykheid’ in R200 000-baadjie van Armani
Hillary Clinton het gister onder skoot gekom nadat berig is dat die presidensiële kandidaat ‘n Giorgio Armani-baadjie wat net duskant R200 000 kos tydens haar toespraak in April oor “ongelykheid” gedra het. Die pryskaartjie van die baadjie is blykbaar Clinton, wat bekend is vir haar groot versameling broekpakke, het blykbaar haar klerekas verder verbeter tydens
Lees verder: Hillary preek oor ‘ongelykheid’ in R200 000-baadjie van Armani
Bekende akteur Schalk Jacobsz oorlede
Die bekende akteur, Schalk Jacobsz is vroeg vanoggend in sy slaap oorlede by sy huis in Westdene in Johannesburg. Volgens sy vrou, die aktrise Elma Potgieter is hy aan ‘n hartkwaal oorlede nadat hy die afgelope tyd ongesteld was. Hy was 80. Jacobsz was bekend vir sy rolle in televisiereekse soos Die Siel van die
SA se kredietgradering onveranderd
Die kredietgraderingsagentskap, Standard and Poor’s het Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd gelaat. Die huidige gradering is BBB-minus met ‘n negatiewe vooruitsig. Die agentskap het nogtans gewaarsku dat enige tekens van politieke omwenteling wat die ekonomiese beleid kan ondermyn, daartoe kan lei dat ‘n afgradering later vanjaar gedoen kan word. Nog ‘n agentskap, Fitch se gradering word
Vloede teister Frankryk
Frankryk en Duitsland gaan gebuk onder oorstromings en riviere wat hul walle oorstroom, het Reuters berig. Sentraal-Europa ly al die afgelope week onder hael, sterk winde en deurdringende reën. Die suide van Duitsland en Sentraal-Frankryk is die jongste gebiede wat getref is. Die Seine in Parys is op die vloedvlak en het op plekke sy
Trump: Hillary moet agter tralies wees
Donald Trump het verlede week uitgevaar teen Hillary se gebruik van ‘n private bediener vir haar werk se epos terwyl sy die minister van buitelandse sake was. “Mense, eerlikwaar, sy is so skuldig as wat jy maar kan kry. Hillary Clinton moet tronk toe gaan.” Clinton het intussen erken dit was ‘n fout. Haar ongeoorloofde
Groot swaargewigkampioen groet
Die voormalige swaargewig bokser Muhammad Ali het in die ouderdom van 74 aan longkomplikasies gesterf in die VSA. Ali het vroeër in ‘n onderhoud gesê integrasie beteken dat verskillende rasse met mekaar moet trou, maar dit moet verhoed word omdat dit nie natuurlik is nie. Hy het aan die BBC gesê geen witte “by sy
‘Die kopdoek is ons kroon’
Die ANC se Vroueliga het die dra van kopdoeke vanaf Vrydag tot Sondag aangemoedig, het die leierskap van die organisasie Sondag gesê. “Ek dra die kopdoek al vir ‘n lang tyd, so ek is bly dat ek nou meer geselskap sal hê wat dit sal dra. Dit is belangrik om te demonstreer, uiterlik dra ons
