praag.co.za

Bekende akteur Schalk Jacobsz oorlede

Written by

in

,

Die bekende akteur, Schalk Jacobsz is vroeg vanoggend in sy slaap oorlede by sy huis in Westdene in Johannesburg.

Volgens sy vrou, die aktrise Elma Potgieter is hy aan ‘n hartkwaal oorlede nadat hy die afgelope tyd ongesteld was.

Hy was 80.

Jacobsz was bekend vir sy rolle in televisiereekse soos Die Siel van die Mier; rolprente soos Die Bankrower en verhoogproduksies soos Boesman en Lena en Nag van Legio.

Tydens verlede jaar se RSG Kunstefees het Jacobz en Potgieter die produksie Reis sonder Einde – Uys Krige en Federico Lorca opgevoer.

Jacobz word oorleef deur sy vrou Elma en drie kinders.

Comments

3 responses to “Bekende akteur Schalk Jacobsz oorlede”

  1. boerseun Avatar
    boerseun

    ‘n Boer in murg en been!

  2. korks Avatar
    korks

    “Stil, broers, daar gaan ‘n man verby, hy groet, en dis verlaas. Daar’s nog maar één soos hy…”. Schalk was voorwaar ‘n unieke en begaafde persoon en ‘n ware patriot. Wanneer hy gepraat het, was dit altyd woorde wat eerlik en diep uit sy hart en siel gekom het. Die mense wat van hom gehou het, is mense wat hom verstaan het.

Leave a Reply