Suid-Afrikaanse onderwys verkeer in ʼn krisis, volgens ʼn verslag wat verlede week deur die tydskrif Finweek gepubliseer is.
Nie net onthul die verslag ʼn skokkende vaardigheidstekort 13 jaar na die politieke revolusie van 1994 nie, maar ook ʼn grondliggende krisis in die opvoedingstelsel wat ʼn tekort aan hulpbronne ondervind om die bevolking vir toekomstige ekonomiese groei toe te rus.

Die optrede deur die onderwysdepartement teen Ermelo Hoërskool en sy hoof, mnr. Koos Kruger, verteenwoordig ʼn ernstige skending van die volkereg, spesifiek die internasionale konvensies wat deur die ANC-bewind onderteken en bekragtig is.
As mens se elektrisiteit vir ure afgesny word, kan dit kabeldiewe se skuld wees. Sulke diewe wag vir kragonderbrekings voordat hulle stukke kabel afsaag, wat tot uitgebreide elektrisiteitsonderbrekings lei.