praag.co.za

Kabeldiewe steel in Eskom-donker

Written by

in

Pieter van Dalen, hoof van die stad se Kopertaakmag, het gesê dié “nuwe verskynsel” het ʼn byna daaglikse gebeurtenis geraak oor die afgelope drie weke.

Volgens hom verkeer elektrisiteitskliënte onder die indruk dat Eskom sy beurtkragperiodes verleng terwyl diewe vir die ongewoon lange onderbrekings verantwoordelik is.

“As die krag afgaan sit mense vyf ure lank en wag vir die krag om weer aan te gaan,” sê Van Dalen.

“Sake-eienaars stuur hul personeel huistoe en privaatkliënte word deur die lang kragonderbrekings gefrustreer sonder die wete dat hul kragkabels gesteel is. Hulle ontdek net dat iets verkeerds is as die krag steeds af is wanneer die personeel die volgende dag terugkeer.

Dit gebeur reeds byna daagliks sedert die begin van die aanhoudende kragonderbrekings. En noudat ons van die diewe gevang het en vasgestel het wat hulle doen, verskuif sommige van hulle na dorpe in die Boland en die Overberg waar dit regtig moeilik is om hulle te vang.”

In ander dele van Kaapstad het huiseienaars blykbaar petisies aan Eskom gestuur waarin hulle beswaar aanteken teen die langer kragonderbrekings.

Maar Van Dalen sê misdadigers behoort vir die verlengde onderbrekings geblameer te word.

“Veral in die stad word die oponthoude deur misdaadaktiwiteit veroorsaak eerder as gebrekkige beplanning en foutiewe beurtkragtye van Eskom,” het hy gesê.

“Maar die Kopertaakspan hou die situasie fyn dop en meer arrestasies sal binnekort volg.”

Die Kopertaakspan het reeds 106 mense vir kabeldiefstal in hegtenis geneem oor die afgelope jaar en 53 hofsake is hangende.

Van Dalen het bygevoeg dat kabeldiewe begin het om slote te grawe en besig was om kabels van die stad se rioolpompstasies te steel.

“Hulle teiken rioolwerke weens hul dikker kabels en dit veroorsaak chaos.

Ons het insidente in Mitchellsplein en dele van Khayelitsha gehad. Laagliggende dele en paaie is verlede week oorstroom nadat diewe op die rioolwerke naby Mitchellsplein toegeslaan het. Die skade het ook ʼn uitwerking op die omgewing,” het hy gesê.

Intussen maak misdadigers amok weens die aanhoudende kragonderbrekings in sekere dele van die land. ʼn Johannesburgse vrou van 68 is verlede week in ʼn kompleks in Sandown gedurende ʼn kragonderbreking vermoor. Gedurende die onderbreking het gewapende mans die kompleks, wat deur elektroniese hekke en elektriese drade beveilig word, binnegedring en die vrou doodgeskiet.

Ook in Kaapstad vrees mense in “veilige” woonbuurte dat hulle beroof en selfs in hul woonstelle vermoor kan word.

Jason Arendse, wat in ʼn veiligheidsbuurt in Rosebank in Kaapstad woon, sê die aanhoudende kragonderbrekings veroorsaak geweldige hoofbrekings.

“Die elektriese hekke werk nie en ons word gedwing om buite te parkeer en deur ʼn kleiner hek in te gaan. Ek is bang en bekommerd. Die geslotebaantelevisiekameras is buite werking as die krag af is en enigeen kan oor die muur spring tot op my balkon.”

Maar die Weskaapse polisie sê die aanhoudende kragonderbrekings het nie ʼn beduidende invloed op misdaad in die provinsie gehad nie.

“Ons misdaadontledings het nog nie onthul dat kragonderbrekings enige beduidende invloed op misdaadstatistieke het nie,” meen polisiewoordvoerder superintendent André Traut.

Hy het mense aangemoedig om seker te maak dat die rugsteunbatterye van alarmstelsels, geoutomatiseerde hekke en deure in werkende toestand is.

“Die meeste polisiestasies in die Weskaap is met kragopwekkers toegerus. Ons sal voortgaan om ons dienste te verskaf, met of sonder elektrisiteit.”

установка газового отопления в квартиреАлександр Фильчаков Васильевич

Comments

Leave a Reply