Die gemeenskappie bestaan uit 3 300 siele en leef sowat 55km van Toledo in die sentrum van Spanje. Hulle het besluit dat elke uur wat in die biblioteek deurgebring word deur ‘n laerskoolkind met een euro beloon sal word in die vorm van ‘n toelaag aan gesinne. Crespo het dit in ‘n verklaring bekend gemaak.
Die burgemeester beskryf sy inisiatief as "vooruitstrewend en ambisieus wat onderwys aanbetref". Sy doelwit is om "die aktiewe rol wat ouers in die opvoeding van hul kinders speel, aan te moedig".
