Klopjag op Metodistekerk

Die Sentrale Metodistekerk in Johannesburg is Woensdag deur die polisie omsingel en binnegeval om onwettige immigrante wat daar tuisgaan aan te keer. Honderde immigrante is in die aksie gearresteer. Die Metodistekerk het sy skok uitgespreek oor die aanval. Eddie Makue, algemene sekretaris van die SA Raad van Kerke, sê die Metodistekerk verwelkom al jare lank Zimbabwiërs en ander wat deur politieke konflik en ekonomiese wantoestande uit hul lande moet vlug.

Die polisieklopjag was ‘n aanval op die Metodistekerk se "bediening van radikale gasvryheid" meen die betrokkenes. Ongeveer 50 polisielede het die kerk in die middel van die nag binnegeval sonder om kerkleiers te waarsku oor hul beplande optrede. Biskop Paul Verryn beweer dat ‘n 1000 mense aangehou word waaronder ‘n aantal swanger vroue.

Médecins Sans Frontières, oftewel die Franse hulporganisasie Dokters-sonder-grense, wat ook ‘n sentrum uit die kerk bedryf se toerusting is blykbaar in die klopjag beskadig. Makue het bygevoeg dat hy verbaas is oor die hardhandige polisieoptrede aangesien die burgemeester van Johannesburg, Amos Masondo, besonder ondersteunend blyk te wees oor die lotgevalle van vlugtelinge. "Dit is duidelik dat Johannesburg ‘n stad vir nuwe aankomelinge is," het hy gesê.

"In die apartheid-era het ons dikwels daarin geslaag om mense in kerke weg te steek omdat die wrede apartheidspolisie traag was om die heiligheid van die kerk binne te dring." Die klopjag herinner Makue aan die "ergste vergrype" van die sewentigs en tagtigs.

online slotлобановский александр интервью

Maak 'n opvolg-bydrae