SA onderwys in ‘n krisis ? verslag

Suid-Afrikaanse onderwys verkeer in ʼn krisis, volgens ʼn verslag wat verlede week deur die tydskrif Finweek gepubliseer is.

Nie net onthul die verslag ʼn skokkende vaardigheidstekort 13 jaar na die politieke revolusie van 1994 nie, maar ook ʼn grondliggende krisis in die opvoedingstelsel wat ʼn tekort aan hulpbronne ondervind om die bevolking vir toekomstige ekonomiese groei toe te rus.

Die verslag toon die mislukking van die opvoedingstelsel aan om die uitdagings van globale mededinging in die 21ste eeu die hoof te bied.

“Ons praat waarskynlik van ʼn poging – as ons argumentonthalwe aanvaar dat ons die opvoedingstelsel kan kry om tans optimaal te funksioneer – wat ʼn hele geslag gaan duur voor ons die gevolge sien van ʼn goed opgevoede samelewing wat na die arbeidsmark en die ekonomie deurdring,” het die Stellenbosse ekonoom, Servaas van den Berg, aan Finweek gesê.

Gedurende die afgelope twee jaar het die Suid-Afrikaanse 535 000 mense die skole verlaat sonder om enige diploma te vewerf en het sodoende ʼn baie onsekere toekoms tegemoet gegaan.

Die skoolverlaters sal die geledere van die werkloses versterk, meen Finweek. Teen dié tyd verteenwoordig burgers tussen die ouderdomme van 20 en 24 reeds 14% van die arbeidsmag, maar is oorverteenwoordig onder werkloses waar hulle ongeveer 27% van daaride syfer uitmaak.

Hierby moet gevoeg word verlede jaar se verslag deur die onderwyserminister, Naledi Pandor, wat uitgewys het dat minder as die helfte van die 675 132 leerders wat in 1999 met skool begin het uiteindelik matriek gehaal het.

Van die 564 775 matrikulante wat einde verlede jaar die eksame geskryf het, het meer as 200 000 gedruip.

Die afname in die slaagsyfer en ʼn gebrek aan vaardighede, sê die verslag, skep ʼn afwaartse glybaan wat verdere ekonomiese groei betref. Die verslag waarsku dat ʼn kennisekonomie nie kan oorleef met ʼn wanbalans tussen die opgeleides en onopgeleides nie; dit veroorsaak ʼn bose kringloop waarbinne die gebrek aan vaardighede ekonomiese vraag verminder, asook die omgekeerde.

Wiskunde en wetenskap

Die statistiek rondom wiskunde en wetenskap verteenwoordig ʼn ernstige bron vir kommer: tussen 1999 en 2004 het ʼn gemiddeld van slegs 4,4% matrikulante wiskundeslaagsyfers behaal wat voldoende is vir universiteitstoelating in die natuurwetenskappe.

Die feit dat slegs die helfte van die land se wiskunde- en wetenskaponderwysers in 1999 oor tersiêre kwalifikasies in dié vakke beskik het, is kommerwekkend.

Vir die afgelope 16 jaar het minder as 7% van Seniorsertifikaatkandidate wiskunde op die hoër graad geslaag, volgens ʼn opname oor wiskunde en wetenskap op skool wat in 2007 deur die Sentrum vir Ontwikkelingsondernemings uitgevoer is, luidens die Finweekverslag.

Die prognose vir matriekklasse in 2010 en 2011 is nie veel beter nie. Toe die 2010-groep (wat nou in graad 10 verkeer) in 2001 in graad 3 was, het die nasionale prestasie-opname getoon dat 30% nie die vereiste standaard in gesyferdheid bereik het nie en 54% het nie die vereiste standaard in geletterdheid behaal nie.

Wat die 2011-groep betref, het die graadsesevaluasie in 2005 getoon dat slegs 28% op die vereiste vlak van gesyferdheid presteer. Vir geletterdheid was dit slegs 38%.

Benewens die opvoedingskrisis, verloor Suid-Afrika opgeleide beroepslui na ander lande wat Suid-Afrika as ʼn werwingsgebied gebruik, sê Finweek. ʼn Studie het onlangs bevind dat die verlies van een opgeleide beroepspersoon in Suid-Afrika die vermindering van tot 10 opopgeleide poste kan veroorsaak.

Die Finweekverslag sê die feit dat min gedoen word om ʼn volgende geslag ingenieurs, wetenskaplikes en ander beroepsluit op te lei wat nodig is vir ʼn groeiende ekonomie is selfs nog meer skrikwekkend.

погружной насос купитьtopcargo отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae