Etniese suiwering in Kenia

Image

Onlusmakers in Kenia

Daar is duidelike getuienis van “etniese suiwering” in Kenia se Rift-vallei sedert ʼn omstrede verkiesing op 27 Desember, maar dis nog nie volksmoord nie, het Amerika se mees hooggeplaaste diplomaat vir Afrika Woensdag gesê.

“Daar is ʼn georganiseerde poging om mense uit die Rift-vallei te verdryf … Dis duidelik etniese suiwering. Ek beskou dit egter nie as volksmoord nie,” het die Amerikaanse assistent-sekretaris vir Afrika-aangeleenthede, Jendayi Frazer, aan verslaggewers gesê.

“Die siklus van weerwraak het te ver gegaan en het gevaarliker geword,” het sy voortgegaan.

Kenia se skielike verval in chaos – waarin meer as 850 mense in etniese geweld omgekom het – het wêreldmoondhede met afgryse vervul, het die streek se mees belowende ekonomie beskadig en Kenia se beeld as ʼn stabiele handels- en toeristesentrum beskadig.

Frazer het gesê die Verenigde State wou ʼn ondersoek na die geweld hê, insluitende die moorde op burgerlikes deur die polisie, en het gemeen alle partye moet verantwoordelik gehou word.

Sy het ʼn beroep op Keniaanse leiers gedoen om opruiende retoriek te staak.

Die Verenigde State het ʼn bemiddelingspoging deur die vorige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Kofi Annan, geondersteun wat president Mwai Kibaki en die opposisie-uitdager Raila Odinga betrek, het sy gesê. Formele bemiddeling het Dinsdag begin.

“Ons is ten gunste van een of ander magsdeling en koalisieregering,” het sy gesê en bygevoeg dat daar grondwetlike en grondhervorming moet plaasvind om die diepgesetelde wrewel tussen Kenia se etniese groepe te besweer.

Betogings na die verkiesing het in siklusse van moord tussen stamme ontaard wat nog nooit hul diepgesetelde geskille oor grond, rykdom en mag wat teruggaan na die Britse koloniale heerskappy.

Annan meen hy is vol vertroue dat die “onmiddellike politieke kwessies” binne vier weke opgelos kan word en die breër kwessies wat die krisis onderlê binne ʼn jaar.

Frazer het gesê sy beplan om met Afrikaleiers oor die toekoms te beraadslaag wat vandeesweek in Addis Abeba vergader en gewaarsku dat daar ʼn oplossing op Kenia afgedwing mag word indien die land nie sy eie probleme oplos nie.

“Ons gaan ʼn internasionale meganisme vind as dit nie binnelands gereël kan word nie,” het sy gesê.

Westerse donateurs het ʼn beroep op beide kante gedoen om Annan se pogings ernstig op te neem of die risiko te loop om ontwikkelingshulp te verloor.инструмент дляtopcargo отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae