Albino's word hoog op prys gestel in Tanzanië – vir hulle liggaamsdele en bloed.
Richard Ciza is verlede week deur bure gewaarsku dat 'n bende na hom op soek is, waarna hy gevlug het en vir twee dae in die woude in oostelike Burundi gaan skuil het.
Die 19-jarige albino het geweet dat hy vermoor sou word as dié bende hom in die hande gekry het.
"Van die bure het my kom waarsku en ek het net gevlug" het Ciza wat in die Ruyigi provinsie woon vertel.

Russiese president Dmitry Medvedev het Sondag die lansering van 'n ballistiese missiel gadegeslaan te Plesetsk in die noordweste van die land. Rusland het drie langafstand missiele op dieselfde dag getoets en na afloop van die "Stabiliteit 2008"-oefening aangekondig dat hulle kernafweerstelsel in orde is.
Aandelemarkte in Asië is aansienlik op nadat regerings ingespring het om banke te red in 'n finansiële krisis wat erger lyk as die Groot Depressie. Die Dow het die grootste styging in 75 jaar getoon.