Rusland vuur drie toetsmissiele af

ImageRussiese president Dmitry Medvedev het Sondag die lansering van 'n ballistiese missiel gadegeslaan te Plesetsk in die noordweste van die land. Rusland het drie langafstand missiele op dieselfde dag getoets en na afloop van die "Stabiliteit 2008"-oefening aangekondig dat hulle kernafweerstelsel in orde is.

Twee van die drie missiele is van kernduikbote afgevuur. Dit was die tweede Russiese interkontinentale ballsitiese missieltoets die afgelope paar dae en die jongste in die hoëprofiel militêre oefeninge wat land-, lug- en seemagte insluit sowel as strategiese kerneenhede.

Medvedev het aan die nuusagentskap RIA Novosti gesê Rusland se verdediging is in orde en hulle sal ook nuwe soorte magte en middele ontplooi. Kenners meen dat die oefeninge op voorbereiding vir 'n groot konflik dui omdat al die verskillende magte saam deelneem. Dit sluit konflik met 'n land soos die VSA in.

Igor Dygalo van die Russiese vloot het bevestig dat missieltoetse vanaf duikbote in die See van Okhotsk noord van Japan en die Barents See noordoos van Noorweë onderneem is. Die missiele het hulle teikens presies getref, het hy gesê.

внутреннее электрическое освещение рабочие чертежиДанильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae