Tokio se Nikkei-indeks was teen etenstyd Dinsdag met 13% op, een van die grootste stygings ooit. Hong Kong, Sydney en Seoul is ook hoër nadat Europese rererings miljarde dollar aan hulle krediethonger banke beskikbaar gestel het.
Die VSA beplan om verdere aandele in verskeie banke te bekom, bo en behalwe die hulppakket van 700 miljard dollar. In Europa is 'n triljoen dollar in die banksektor ingepomp en lenings tussen groot spelers het regeringswaarborge ontvang.
In Australië het eerste minister Kevin Rudd 'n hulppakket van 7,25 miljard dollar bekendgemaak. Hy sê daarsonder sal ekonomiese groei en werksgeleenthede bedreig word.

Aandelemarkte in Asië is aansienlik op nadat regerings ingespring het om banke te red in 'n finansiële krisis wat erger lyk as die Groot Depressie. Die Dow het die grootste styging in 75 jaar getoon.