Die Facebook netwerk se inskrywing, "ek laaik nie 'n houtkop nie, sou what", het klaarblyklik ander rassistiese inhoud ook bevat. Die studente sal aangekla word daarvan dat hulle die universiteit se grondwet oortree het. Hulle optrede was strydig met die goeie naam, orde, dissipline van die instelling, het Mmope gesê.
Die verhore sal na verwagting teen die einde van Oktober plaasvind.
