In ‘n verklaring het SARU gesê ná samesprekinge met regter Lex Mpati, die voorsitter van die nasionale regskomitee van SARU, dat ‘n beampte aangestel is om ‘n ondersoek te loods na die beweringe wat gemaak is deur die Springbok- en Westelike Provinsie-losvoorspeler.
Dekken Govender, ‘n Durbanse prokureur, is aangestel om die uitsprake te ondersoek en te bepaal of dit ‘n oortreding van die SARU-reëls is.
Die Afrikanerbond het gevra dat Watson uit die sport gesit word nadat hy klaarblyklik na blanke Afrikaners in die sport as “Dutchmen” verwys het.
Jan Bosman, die liga se bestuurder, sê dat hy gehoop het ná die oorspronklike mediaverslae wat Sondag in die koerante was, dat hy (Watson) en sy familie die Afrikaners om verskoning sou vra.
Hy sê dat as omstandighede in die spel werklik so onhoudbaar was, en as Watson werklik so sterk teenoor die Afrikaners gevoel het, moes hy al onttrek uit Suid-Afrikaanse rugby het. Dit sou die eerbare ding wees om te doen.
In ‘n terugwysing vir SARU se teen-rassismeveldtog wat drie weke terug geloods is, het Bosman gesê dat die offensiewe opmerking van Watson net sulke sterk reaksie en optrede verg as die teen-rassismeveldtog.
Watson se aanval op die Springbokke en die gevoelens wat hy uitgespreek het is iets wat mens laat wonder oor die mens wat Watson is. Niemand het hom geforseer om die Springboktrui aan te trek nie. Sy opmerkings is ‘n verleentheid vir Suid-Afrika en in dié verband sal die eerbare ding wees om sy kleure en Springboktrui weer in te handig.
Bosman sê hy is verbaas dat SARU nie Watson se onmiddellike uittrede gevra het nie.
Hy sê dat Watson as ‘n swart speler beskou word vanweë sy pa se geskiedkundige verbintenis aan die anti-apartheidsstryd.
Die hele insident is weer net ‘n bewys dat spelers op meriete en nie op kleur gekies moet word nie. Hy het bygevoeg dat Watson se inname in die span teen die wil van die afrigter geskied het.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.