Faksie-aktiwiteite word nie toegelaat, waarsku ANC

15:39:08 Die ANC het Maandag weer gewaarsku teen “faksie-aktiwiteite” ná 'n ontmoeting tussen tesouriergeneraal Mathews Phoza en Mosiuoa Lekota, die voormalige voorsitter van die ANC.

Lees verder: Faksie-aktiwiteite word nie toegelaat, waarsku ANC

Russe behou energievoordeel in Baltiese staat

‘n Referendum wat gehou is in Litoue om oor die toekoms van dié Baltiese land se enigste kernkragaanleg te besluit, het nie die nodige hoeveelheid stemme gekry nie, het beamptes Maandag bekend gemaak.

Lees verder: Russe behou energievoordeel in Baltiese staat

Zuma wil met Tutu gesels

Voorbereidings is aan die gang vir ‘n persoonlike vergadering tussen Jacob Zuma, ANC president, en aartsbiskop emeritus Desmond Tutu. ANC-segsman, Ishmael Mnisi, het dit aan die Citizen dagblad bevestig, en ook bygevoeg dat Zuma daarna uitsien om vir Desmond Tutu te ontmoet.

Lees verder: Zuma wil met Tutu gesels