Faksie-aktiwiteite word nie toegelaat, waarsku ANC

15:39:08 Die ANC het Maandag weer gewaarsku teen “faksie-aktiwiteite” ná 'n ontmoeting tussen tesouriergeneraal Mathews Phoza en Mosiuoa Lekota, die voormalige voorsitter van die ANC.

 

Jessie Duarte het gesê dat watter griewe die onvergenoegde lede ook al mag hê, dit nie aan hulle toestemming gee om aan faksie-aktiwiteite deel te neem nie.

Daar word gespekuleer dat Lekota binnekort ‘n nuwe party van de grond af mag kry. Duarte het ook gesê dat die ANC die reg van ‘n persoon om ‘n politieke party te stig respekteer.   

Die ANC het ook die fundamentele beginsel van die party weer herbeklemtoon, dat alle lede vrywillig onderneem om die besluite, interne prosesse en demokraties verkose strukture te respekteer.

Sy sê dat Phosa en Lekota, die voormalige minister van verdediging, Maandagoggend ‘n vergadering gehad het om die besware wat Lekota twee weke gelede in ‘n ope brief geopper het te bespreek.

Volgens haar het Phosa deur die brief gegaan en die ANC se standpunt op elk van die punte verduidelik.

Lekota het aangedui dat hy steeds ‘n antwoord op die brief op skrif wil hê, waarna die ANC aangedui het dat hulle dit so sal gee.

Phosa en Lekota het verder gepraat oor die organisatoriese uitdagings wat die organisasie moet aanspreek sedert die Pietersburgkonferensie.

Die ANC het weer hulle steun daaraan uitgespreek om die grondwet te verdedig en te beskerm, ingereken met die reg op vryheid van assosiasie, het Duarte gesê.

Lekota het die ANC-leierskap twee weke terug skerp gekritiseerin ‘n ope brief aan Gwede Mantashe, die party se sekretaris generaal.

In die brief het hy die leierskap daarvan beskuldig dat hulle wegbeweeg van die oorspronklike beleidsbesluite en demokratiese norme van die ANC.

Verlede week het Lekota gesê dat hy die egskeidingsdokumente op die ANC bedien het, waarna Phosa gesê het die “huwelik” kan steeds gered word.

Die brief van Lekota was dan ook verder beskou as ‘n teken van skeuring in die regerende party, kort nadat die party Thabo Mbeki as president van die land herroep het. Saam met die bedanking van Mbeki was daar ook ‘n klompie ministers wat saam met hom uitgeloop het.

Die minister van vervoer, Jeff Radebe, het in ‘n ope brief aan Lekota gesê dat hy (Lekota) en andere soos hy hulle bedanking uit die party moet aankondig.

Lekota het in sy brief die stelling gemaak dat ANC-lede wat nie met die gewilde mening saamstem nie uit die party en strukture gewerk is. Koerante het Maandag gespekuleer dat Shilowa, die voormalige Gauteng-premier, op pad was om by die nuwe party aan te sluit.

камин в частном домеДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae