Metropolisiebeampte, Paulina Mashilela, het voor haar kruisverhoor gesê sy het 'n klagte om in te dien. Sy het gesê dat dit vir haar 'n probleem is om te getuig aangesien sy met die verlies van haar werk en 'n lang tronkstraf gedreig is.
Landdros Desmond Nair het vandag gelas dat die Direkteur van Openbare Vervolgings, Charin de Beer, in die hof moet verskyn om dié beweerde dreigemente te verduidelik.
Motata se advokaat ter verdediging, Danie Dorfling het na die verrigtinge gesê die insident moet in die regte konteks geplaas word sodat dit nie wanindrukke skep nie.
Hy sê die klagtes is voor die deur van die staatsaanklaers gelê en het benadruk dat dit die uitslag van die saak kan beïnvloed.
Motata word van dronkbestuur aangekla nadat hy met sy luukse Jaguar deur 'n tuinmuur in Johannesburg gejaag het aan die begin van verlede jaar.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.