Dié woorde is blykbaar van die opname wat van die voorval gemaak is, uitgevee.
Metropolisielid, Paulinah Mashilela, sê die woorde "dronk kaffer" kan nie nou op die opname gehoor word nie.
Volgens haar was die eienaar van die perseel, Richard Baird in 'n onstuimige woordewisseling met Motata betrokke toe sy opgedaag het. Sy het getuig dat dit tydens dié onderonsie was wat Baird Motata 'n as 'n dronk kaffer uitgekryt het.
In 'n verdere verwikkeling het Motata sy regspan aangesê om 'n beëdigde verklaring van Mashilela dat sy deur staatsaanklaers gedreig is, tot die hofrekord toegelaat te kry.
Landdros Desmond Nair het toegestem dat die verklaring as 'n verwysingspunt toegelaat word maar het bygevoeg dat dit geen betrekking het op wat in die hof bewys moet word nie.
