Man in hospitaal n? kabeldiefstal

10:56:02 'n 54-jarige man herstel tans in die hospitaal ná 'n woedende skare inwoners van Soshanguve hom aangeval het omdat hy besig was om koperkabels te sny, het die Pretoriase polisie laat weet.

"Die skare het Maandagaand op hom toegesak terwyl hy besig was om kabels by Soshanguve se uitbreiding H saam met sy twee buurmanne van 18 en 19 jaar oud te sny," het kaptein Solly Marindi gesê.

Toe hulle agterkom dat die skare op hulle toesak, het die twee jong mans gevlug en die ouer man agtergelaat.

"Maar 'n groep gemeenskapslede het agter hulle aangehardloop terwyl ander besig was om die ouer man aan te rand en ernstige kopbeserings te veroorsaak," het hy gesê.

Een van die mans het na die naaste polisiestasie gevlug terwyl die ander na hul huis in die omgewing gehardloop het.

"Die wat huis toe gevlug het, is in hegtenis geneem en na die polisiestasie geneem waar ook sy neef so pas aan die polisie oorhandig is. Die twee verkeer in aanhouding en sodra die ouer man herstel, sal hulle saam in die hof verskyn," het Marindi gesê.

раскрутка сайтаФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae