Advies vir munisipale geldsake

Die uwe het self jare gelede Ekonomie op Kovsies geneem, maar, so lyk dit my, is dit uitgediende kennis. Want met daardie kennis maak die R15 miljoen wat ‘n bankrot munisipaliteit vir sokkerkaartjies uitgegee het met geld wat hy nog uit die inwoners moet wurg, op geen manier sin nie. Skynbaar het die raadslede wat

Lees verder: Advies vir munisipale geldsake

Wanneer die post-euforiese trauma self die probleem word

Hoewel sekere aspekte van ekonomie, soos mikro-ekonomie en makro-ekonomie met uiters eksakte syfers en formules werk, speel persepsies en sielkunde in die omvattender konteks ‘n baie groter rol. Wanneer ‘n gees van pessimisme oor die ekonomie posvat, tree soveel negatiewe faktore in werking dat die ekonomie inderdaad kort voor lank ‘n knou kry, en dikwels

Lees verder: Wanneer die post-euforiese trauma self die probleem word

All Blacks, Springbokke speel in Soweto

Die All Black-afrigter Graham Henry het onbedoeld onthul dat Nieu-Seeland en Suid-Afrika hul drienasiesrugbywedstryd op 21 Augustus by die Soccer City-stadion in Soweto sal speel. Suid-Afrikaanse amptenare moet steeds hul besluit aankondig om die wedstryd van Ellispark in Johannesburg te verskuif na die Sowetostadion met 95 000 sitplekke waar die finaal van die sokkerwêreldbeker gaan

Lees verder: All Blacks, Springbokke speel in Soweto

Taaltoestand aan die Oosgrens voor die trek

Was die regering se taalmaatreëls ‘n oorweging vir die trek? Blykbaar nie. C.F.J.Muller beskryf in Die oorsprong van die Groot Trek die taaltoestand in die grensdistrikte en -dorpe vóór die trek. Op die platteland het al hoe meer Setlaars Afrikaans begin leer (behalwe in die Setlaarsdistrik Albanie) en is in die Afrikaanse gemeenskap opgeneem. By

Lees verder: Taaltoestand aan die Oosgrens voor die trek

Ontologiese onsekerheid

Na aanleiding van Dan Roodt se artikel “Vir ‘n nuwe kultuurpolitiek” het die volgende gedagte by my ontstaan oor die toestand van die moderne Afrikaner. Hierdie toestand is een wat al langer duur as slegs die laaste anderhalfdekade se ANC-terreurkampanje, maar onder die ANC het hierdie toestand ‘n eiesoortige kritieke massa bereik. Die “toestand” waarna

Lees verder: Ontologiese onsekerheid

Wulff nou skaapwagter

Wulff, of dan “Wolf” is nou “skaapwagter” maar eers na twee slaggate getref is Christian Wulff is pas as Duitsland se nuwe president aangewys. Dié grootliks seremoniële amp is vakant gelaat nadat sy voorganger die sonde gepleeg het om ‘n politieke uitspraak oor Afganistan te maak. Wulff, wat tot sy presidentsverkiesing die premier van die

Lees verder: Wulff nou skaapwagter

Nasionalisering van ondergrond het impak op bogrond – twee hofsake

‘n Pas-afgehandelde hofsaak, en nog ‘n hofsaak vroeër vanjaar, toon ondubbelsinnig hoe ernstig ‘n onlangse gedagte van die regering kan wees om landbougrond tot nasionale bate te verklaar. Die twee hofsake handel oor mynregte, en beide spruit uit die staat se verklaring van mineraleregte tot nasionale bate. Hoewel die regering dit ontken, is die land

Lees verder: Nasionalisering van ondergrond het impak op bogrond – twee hofsake

Uitspraak vandag in Selebi-verhoor

Uitspraak in die verhoor van die nasionale polisiekommissaris Jackie Selebi se korrupsieverhoor word vandag in die Suid-Gautengse Hooggeregshof gelewer. Selebi staan tereg op korrupsie in verband met tot R1,2m wat hy na bewering van verskeie mense in ruil vir gunste ontvang het, asook aanklagte van dwarsboming van die gereg. Gedurende die finale argumente vroeër in

Lees verder: Uitspraak vandag in Selebi-verhoor

Turkse vloermoere namate Armeense volksmoord se eeuherdenking naderkom

Die Turke se volksmoord op tussen ‘n miljoen en een en ‘n half miljoen Armeniërs spook steeds by die Turkse owerhede, al word dit na amper ‘n 100 jaar steeds ontken. Armeniërs is besig met voorbereidings om die geleentheid, wat in 1915 in alle erns begin het, se “eeufees” te herdenk. Die jongste Turkse vloermoer

Lees verder: Turkse vloermoere namate Armeense volksmoord se eeuherdenking naderkom