IVP dreig om te betoog oor nuwe naam
The Daily News het Maandag berig dat die IVP dreig om deur Umlazi te marsjeer in protes indien daar met Durban se straatname gepeuter word.
Die twispunt is die Mangosuthu Hoofweg wat gedurende die NP-bewind só vernoem is na IVP-leier, Mangosuthu Buthelezi.

Zim: Pahad kla weer oor media
Die ANC-bewind se adjunk-minister van buitelandse sake, Azziz Pahad, het gister weereens die media gekritiseer oor hul hantering van die Zimbabwe-krisis. Volgens hom dien hulle die saak van “eksterne en interne magte in Zimbabwe wat regime-verandering wil sien”.

ANC wil Afrikanergemeenskappe uitwis
Sosialistiese vrou geniet meeste steun van swart Franse
Ségolène Royal word deur swart Franse afkomstig uit Afrika beskou as hulle kandidaat in die komende Franse presidentsverkiesings.
Die eerste rondte van die negende verkiesing onder die Vyfde Republiek sal op Sondag 22 April 2007 plaasvind en indien geen kandidaat meer as 50% behaal nie, sal ’n tweede rondte op 6 Mei 2007 gehou word.

Lees verder: Sosialistiese vrou geniet meeste steun van swart Franse
Vandag is W?reldtuberkulosedag
Grondhervorming laat voedselpryse styg
Dis arm mense wat die ergste getref word hierdeur. Volgens die berig maak voedsel meer as 50% van arm (swart) huishoudings se totale uitgawes uit.
Suid-Afrika se landbou is in ‘n toestand van terminale verval, as ‘n regstreekse gevolg van die regime se obsessie daarmee om blanke boere van hul grond te verjaag. Binne die tien jaar sedert 1994 het die aantal plase met 25% gekrimp.

Daar woed reeds oorlog teen ons
Vir al julle besluitlose Boere/Afrikaners daar buite:
Almal hou daarvan om te praat. Daar is ’n paar feite wat ek geleer het in die weermag in Angola in die vroeë tagtigs.
Die eerste stap van oorlog is: Jy moet jou vyand se moreel afbreek. Hoe doen jy dit?
- Deur sy familie uit te moor, om sy wapens te vat, verkragtings ens.
- Om daardie persoon sover te kry om niks te hê waarvoor hy lewe nie.
As jy dit gedoen het is dit die maklikste manier om ’n oorlog te wen want daardie persoon is reeds op sy knieë.

SA, Zimbabwe vaar teen media uit
Terwyl ’n geheime vergadering tussen die ANC-bewind se adjunk-president, Phumzile Mlambo-Ngcuka, en haar Zimbabwiese eweknie, Joyce Mujuru, in ’n Johannesburgse hotel plaasgevind het, het beide regerings steeds uitgevaar teen mediadekking van die krisis in Zimbabwe en magte van buite wat “regime-verandering” in die land probeer bewerkstellig.
Die besoek van Joyce Mujuru het tot spekulasie aanleiding gegee dat sy die ANC-bewind mag vra om haar te help om Mugabe uit te werk. Sy en haar man, genl. Solomon Mujuru, word as twee van die magtigste mense in Zimbabwe beskou, maar het blykbaar in onguns by Mugabe verval weens hul ambisie om hom te onttroon. Mujuru het sy vrou na Suid-Afrika vergesel en albei gaan volgens berigte in die luukse Westcliff-hotel in Johannesburg tuis.

Kongolese opposisieleier gaan gearresteer word
’n Lasbrief vir die inhegtenisname van opposisieleier, Jean-Pierre Bemba, is deur die regering van die DRK ná hewige gevegte in die hoofstad Kinshasa uitgereik. Bemba bevind homself steeds as gas van die Suid-Afrikaanse ambassade in die stad.
Volgens die prokureur-generaal, Tsaimanga Mukenda, sal die feit dat Bemba immuniteit teen moontlike vervolging as senator geniet asook dat hy in ’n ambassade skuil, vir die eertydse rebelleleier geen beskerming bied nie. “Ons sal hom vervolg, waar hy ook al mag wees,” het hy Vrydag gesê.
Die parlement beoog om sy immuniteit op te hef met die oog op die klag van hoogverraad wat teen hom gebring gaan word. Dat Bemba sy milisie bly uitbou het en tot plundering oorgehaal het, word as hoofredes vir die stap aangevoer.