praag.co.za

IVP dreig om te betoog oor nuwe naam

Written by

in

Die koerant het die ANC se  eThekwini raadslid, Zandile Gumede, aangehaal wat bevestig het dat ‘n “behoorlike proses” nie gevolg is in die benaming van die hoofweg nie en dat dit reggestel gaan word.

Gumede het nie aan SAPA gesê wat die nuwe naam sal wees en ook geen aanduiding gegee van wanneer die nuwe proses van stapel gestuur gaan word nie.

IVP-raadslid, Theresa Nzuza, se kommentaar oor die plan was: "Ons sal betoog teen die ANC se outokrasie."

Sy het ook aangedui dat die IVP besonder ongelukkig voel oor die ANC se beoogde naamsverandering vir die nuwe sokkerstadion wat in aanbou is vir die Wêreldtoernooi in 2010.

Toe Sbu Ndebele, die KwaZulu-Natalse premier, aanvanklik die planne vir die nuwe stadion bekend gestel het, sou dit die Koning Senzangakhona-stadion genoem word.

Die stad het egter besluit dat die stadion voortaan die Moses Mabhida-stadion sal heet, vernoem na die eertydse sekretaris-generaal van die SAKP wat in ballingskap oorlede is.

Terwyl die IVP optogte in die vooruitsig stel, het die besluit deur die stadsvaders om Pointweg – die rooiliggebied waar kroeggevegte deur besoekende matrose die botoon voer – se naam na die vader van die Indiese volk te vernoem, behoorlik die debat in Suid-Afrika sowel as Indië aan die gang gesit.

"Mahatma se naam vir ‘n straat van losse sedes!" is die hoofopskrif van The Hindu, 28 Februarie, een van Indie se grootste dagblaaie.

In die Times of India se opskrif is in dieselfde trant: "SA se prostitusiekern na Gandhi vernoem".

Politieke aktivis, Fatima Meer, mag dalk erg beswaard voel oor die nuwe naam, maar die Times of India van 28 Februarie dink die besluit is geneem om “die berugte buurt ‘n morele ontrimpeling te gee”.

Plaaslike aktivis en akademikus, Ashwin Desai, meen dat "dit hoogtyd is dat ons van koloniale en apartheidsname afstand doen” en hy steun die naamsveranderingplan ten volle.

"Maar ek het ‘n problem as Gandhi se naam vir Pointweg gebruik word. Gandhi was ‘n prokureur in Weststraat en daarom meer as enige iets, dink ek die naam moet na Gandhi herbenoem word."

eThekwini se adjunk-burgermeester Logie Naidoo, het egter gesê dat “die naamsveranderinge van die nege strate wat in die vooruitsig gestel word met groot besinning en navorsing gepaard gegaan het. Pointweg is na Mahatma Gandhi verander want dit was die eerste plek waar die Indiërs voet aan wal gesit het in Suid-Afrika en ingeburger geraak het. Ek dink nie mense moet enige iets onvanpas in die voorstel sien nie.”

маска для плавания детскаяФильчаков прокурор харьков

Comments

Leave a Reply