Ek heg ‘n kopie van ‘n brief uit Rapport aan. Komende van die Oos-Kaap weet ek waar Pacaltsdorp is en wie van die inwoners is. Wonder net oor die oorsprong van die van Opperman en ook van die skrywer.
Brief in Rapport:
24/03/2007 16:54 – (SA)
Verander Afrika se kolonialistiese naam
Sydney Opperman, Pacaltsdorp:
Ek wil die breedsprakige dr. Pallo Jordan uitdaag om sy nuwe passie vir naamsveranderinge te begin met ’n betoog vir ’n verandering van ons vasteland se naam.
Die naam Afrika is ’n skepping van die koloniste.
Met een penstreep kan hy dan alle “Africans”, “Afrikaners” en “Afrikaans” ongedaan maak.
En dan: laat die oorspronklike name van die Quena voor in die ry staan, al was hulle nie well connected-ANC-ondersteuners nie!
Dankie vir die opmerking, Toney. Daardie een het eenvoudig deurgeglip. Ons het dit intussen na Mad Max du Preez verander.
