praag.co.za

Category: Briewe

U mening is belangrik. Stuur dit vir ons aan briewe@praag.org

  • Een mening wat almal pas?

    Dit lyk of Naspers se koerante nou hulle hoofartikelkommentaar “gesentraliseer” het – net soos hulle met hul boekeredakteur gedoen het.

    Beeld het Donderdag ‘n hoofartikel gepubliseer waarin die besluit van die Suid- en Wes-Kaapse sinode van die NG Kerk om die Belhar-belydenis te aanvaar, geprys en as die regte besluit bestempel is. Hierdie hoofartikel verskyn Vrydag in Die Volksblad woord vir woord as die mening van daardie blad se redakteur in die hoofartikelkolom!

    En die interessante is dat in Dawie se weeklikse kolom in Saterdag se Die Burger gebruik gemaak word van feitlik presies dieselfde argumente as wat in die Beeld/Volksblad artikels gebruik is – veral ten opsigte van hulle siening dat die besluit om Belhar goed te keur, die begin is om die “onreg” reg te stel van die NG Kerk se besluit in 1857 (dis reg, 154 jaar gelede) om afsonderlike dienste vir anderskleuriges (bruines) te hou. Iemand is duidelik besig om vir iemand voor te skryf!

    Ek het in kommentaar op Volksblad se webblad gevra wat nou aangaan? Is Naspers nou besig om hoofartikels ook te sentraliseer soos hy dit doen vir boekresensies?

    Want dit is ‘n vreemde ding in die koerantwese. As redakteur van een van Perskor se vier Afrikaanse dagblaaie van die vroeë tagtigs, het ek nou nie elke dag self die hoofartikel geskryf nie, maar die Adjunkredakteur en ek het gewoonlik eers saamgesit en ons standpunte uitgepraat en geformuleer voordat een van ons dit gaan sit en skryf het – en ek het die finale weergawe goedgekeur. Ons het dikwels in die breë met ons kollegas saamgestem oor ‘n betrokke saak, maar dit in ons eie woorde en met eie beklemtonings of nie-beklemtonings gestel. En by geleentheid het ons soms sterk van hulle verskil oor sekere sake. (Ek kan voorbeelde gee as daarop aangedring word, maar eintlik is dit ou stories wat lank nie meer saak maak nie.)

    Feit is dat die onafhanklikheid van ‘n koerantredakteur – natuurlik binne die breë riglyne van die koerantgroep – nog altyd ‘n ongeskrewe reg was – ook in die Engelstalige koerantwese en vandag steeds in die Britse koerantegroepe.

    Maar as Naspers nou begin afwyk van daardie “reg” en sy koerante se hoofartikels begin sentraliseer, is die eerste vraag wat gestel word: Wie is dan die HOOFredakteur? Wie skryf voor wat in die gedeelde hoofartikels (en in verwante rubrieke en meningsartikels) moet verskyn en wat nie! Kan ons ‘n naam kry dat ons weet met wie ons te doen het? Is dit Tim of Ainsley Moos of Koos Bekker of dalk daardie Weideman-antie wat nie meer van Hofmeyr-tee hou nie maar nou hoofuitvoerende beampte van Media24 is?

    Dit kan wees dat ek oorreageer en dat Moos van die Volksblad maar net so baie van Beeld se hoofartikel gehou het dat hy dit net so oorgeneem het as sy eie. Maar dit bly ‘n vreemde ding om te doen. Dit is afstanddoening van jou reg op ‘n eie vertolking – of sommer net bleddie luigeid!

    Ek wou hierdie vrae ook op Beeld se webblad vra, maar die afgelope tyd laat Beeld nie sommer ruimte op sy webblad toe vir kommentaar op sy hoofartikels – en dikwels op meningsartikels van sommige van sy omstrede redaksielede nie. Ek dink dit is omdat hulle so kwaai deur hulle eie lesers gelooi is oor goed wat hulle kwytraak – soos juis weer oor hierdie Belhar-besluit. Die NG-lidmate looi daai sinode – en sommer ook veral Die Burger vir sy steun aan die besluit.

    Naskrif: En toe ek pas op Volksblad se webblad inskakel sien ek dat die inset wat ek daar geplak het en dieselfde vrae stel wat ek hierbo gestel het, verdwyn het! Ek het gevra vir ‘n verduideliking, maar teen die skrywe hiervan nog nie een gekry nie.

    распродажа верхней одежды девочекФильчаков прокуратура харьков

  • Die werklikhede van Afrika

    Wat betref die duidelik gemotiveerde verklaring vir die geweldskultuur en misdaad kan verskeie redes aangevoer word, een of meer daarvan sal van toepassing wees afhangende van die vlak waarop ‘n mens die analise doen.  Dit sal miskien makliker wees om puntsgewys op die saak in te gaan.

    1.  Persoonlike vlak. As iets gebeur is dit nooit, maar nooit sy skuld nie. ‘n Eenvoudige voorbeeld: my arbeider breek die spitvurk deur ‘n klip daarmee uit die grond te lig.  "Dis nie ek wat die vurk gebreek het nie, dit was die klip". Hierdie stelling maak hy met volle oortuiging en hy glo dit is so.  As hy laat is vir die bus, het die bus vir hom weggery. Alles is apartheid se skuld, ens. 

    Die Ovahimbas in Namibië word van kleins af geleer om beeste te steel by ander families. In SA word vir hulle gesê steel by die blankes, "you are reclaiming" en hulle glo dit. Dit is een rede vir die misdaadeskalasie. Daar bestaan ook ‘n sterk vermoede dat die plaasmoorde, rooftogte en motorkapings deur ‘n derde mag vanuit ANC-geledere aangevuur en moontlik beheer word. 

    Hulle het geen respek vir ‘n ander se eiendom nie en lei aan ‘n inherente vernielsug, daarom word geboue letterlik afgebreek. Opbouing is nie ‘n kultuurkenmerk van die swarte nie, eerder die teenoorgestelde. In Namibië het ek gesien hoe hulle sinkplate (wat van die dak afgehaal is) skuins teen die mure van die plaashuise (wat hulle ook present gekry het) sit en daaronder leef.

    ‘n Volgende aspek op hierdie vlak is bloot ‘n kwessie van IK, lees gerus die Bell Curve in hierdie verband. Hoekom is Afrika so maklik gekoloniseer? Die kolonialiste het gewere gehad. Hoekom het die Afrikane nie gewere gehad nie? Hulle het vir eeue na die see gesit en staar en nooit daaraan gedink om ‘n skip te bou nie (apologie aan Albert Schweitzer). Dit is ook die rede hoekom ‘n paternalistiese stelsel vir hulle werk; hulle moet voortdurend onder toesig werk en speel soos kinders. Albert Schweitzer het hulle geken en hy het ook gesê die blanke ras moet homself nooit op gelyke voet met die Afrikaan stel nie en vir hom ‘n pa wees anders "he will devour you". Moontlik letterlik in sy tyd!

    Swart Afrika verstaan die meerderebegrip volkome en hulle sosiale stelsel is daarop geskoei.

    2. Groepsvlak. Het u al gesien hoe maklik word hordes gemobiliseer om te staak of toi-toi?  Net ‘n klein groepie begin en nie lank nie dan intimideer die klein groepie die res. Zimbabwe is ‘n klassieke voorbeeld hiervan. Hulle is dus baie makliker onderhewig aan groepsdruk as die blanke ras. 

    As ‘n ras is hulle inherent lui en sal net werk as hulle aangespoor word. Hulle werk jare saam met ‘n boer op ‘n plaas dan kry hulle die plaas present en ‘n jaar of wat later is die beeste geslag en die vrugtebome verdroog. Ek praat nie van hoorsê nie; ek het dit gesien.

    Nou Marinus, hierbo is ‘n gedeeltelike analise van die swartman se dryfvere. Al gevolgtrekking wat ek kan maak is dat die swart Afrikaan die kiem van selfvernietiging in hom omdra. Hy kan net gehelp word deur ‘n streng paternalistiese stelsel. 

    Hoe verkoop ek hierdie siening aan ‘n liberalistiese Europa? Eienaardig genoeg, daar is ‘n ligpuntjie in hierdie opsig, meeste van die "bleeding hearts" (instellings / maatskappye) wat skenkings vir ontwikkeling in SA doen vereis ‘n langtermyn blanke betrokkenheid by projekte. Ek weet want ek is self betrokke.

    Ter afsluiting kan ek noem dat in groot dele van Zambië en Mosambiek sien jy nie ‘n voël of lewendige dier (mak of wild) nie. ‘n Vriend vertel my dat hy in Mosambiek gesien het hoe ‘n "vleishandelaar" ‘n duikertjie waarvan die agterbene gebreek is (sodat hy nie kan wegkom nie en vars kan bly vir die mark) aan ‘n vragmotorbestuurder verkoop het en dat lg. die arme diertjie onseremonieel bo-op sy vrag gooi om in die son te lê tot hy geëet word. Bogenoemde is die werklikhede van Afrika, of jy dit wil glo of nie.

    справка для бассейнаДанильченко Юрий Харьков

  • Sonder vervaardiging stuur SA op ramp af

    Die arbeidsmark bars uit sy nate vanweë die miljoene onwettige immigrante, vanaf Zimbabwe tot sover as die Kongo, wat bloot oor ons grense instroom. Die tegnologie wat hulle saambring, behels meestal die maak van beeldjies en vleg van mandjies, stoele en ander artikels waarsonder enige Westerling vir die volgende duisend jaar kan leef. Wonder hoeveel van hulle toi-toi tans saam vir voordele vanaf die staat aangesien hulle lustig dans en brandsteek vir behuising en ander voordele.

    In 1975 het sowat 63% van ons totale uitvoer alleenlik goud beslaan. Wat toe nog iets werd was en waarvan die prys nie op wêreldmarkte vasgevang was nie. Met die koms van perestroika, die Russiese vloekwoord vir ekonomiese oplewing en die afsweer van die nie-presterende kommunistiese stelsel, het ons rooi vriende die mark vir die edelmetaal totaal oorvoorsien. Hierna was goud nooit weer die kommoditeit van die sestiger- en sewentigerjare nie. Wat het vir ons oorgebly, behalwe so te sê niks? Indien ons olie in dié landjie van ons gehad het, sou ons kon uitvoer en die vreugdesvure kon laat brand. Ongelukkig is ons nou oorgelaat aan tendense in die internasionale markte en moet ons dans na gelang van hulle nukke en giere. Kry Amerika prysgriep, loop ons vir weke met ’n snotneus en traanoë. Dit laat mens maar net besef hoe weerloos ons ekonomie eintlik staan teenoor die sogenaamde Eerste Wêreld-ekonomieë. Ook dat Trevor maar net ’n kortgat met ’n houding is, sirkusbaas met ’n lang sweep, en saam met die groot manne probeer lat swaai. Ons ekonomie is eintlik maar ’n oorgewig- opgeblaasde brulpadda wat relatief staties in die markte is en enige oomblik wind mag verloor. Die bietjie skopkrag tans kom maar grotendeels vanaf ons toerisme maar andersins is daar nie veel om die lyf nie.

    Hoekom? Eenvoudig. Ons is nie ’n werklik vervaardigende land nie en kan derhalwe nie werklik kompeteer in enige mededingende mark nie. Ons het tans ’n invoerekonomie wat met ’n rooi handelsbalans van bykans R7 miljard verlede jaar in Desember getoon het. Alles word ingevoer en ten koste van wie? Niemand anders as die verbruiker nie, want soos ons geldstelsel swakker en swakker word teen die dollar en pond, betaal die verbruiker al hoe meer. Die dae toe ons selfonderhoudend was, ook genoop deur handelssanksies, was ons by verre beter af. Tans is ons soos ’n mot in die kerslig. Alles lyk mooi en snoesig warm totdat ons deur die vlamme verswelg word. Ek is van kleintyd af vertel dat Suid-Afrika die broodblik van Afrika is, altans was. Ons was landboukundig fenomenaal en ons graansilo’s is tot oorvol toe gepak. Ons het vir jare met oorskotte in mielies, koring, vrugte en so meer gesit wat ons Afrika ingestuur het na mense wat toe ook nie vir hulleself kon voorsien nie. Vandag voer ons al hoe meer belangerike stapelvoedsel soos vleis in. Blykbaar gebeur dit omdat ons droogtes het, wat ver van die werklikheid af verwyder is. Die boeregemeenskap in die land krimp daagliks en die gemiddelde ouderdom van die boer in SA is seer sekerlik maklik 55 jaar. Hoekom? Baie min van hulle kinders wil boer vanweë blote belangstelling. Wie wil boer as die regering absoluut niks vir die boer in die land doen behalwe om hulle plase in entiteite te wil opdeel nie en wil oorhandig aan mense wat eerstens nie wil boer nie en tweedens nie kán boer nie. Met die hoeveelheid moorde op boere is dit ook nie snaaks dat belangstelling in dié wesentlike industrie kwyn nie.

    So die prentjie lyk al hoe donkerder as mens na die verswakking van die rand tesame met ons invoere begin kyk. Nou is dit dan ook net logies dat, sou ons al hoe meer nie-selfonderhoudend ten opsigte van die basiese stapelvoedsel word en ons geliefde rand se waarde krimp saam, ons ’n ramp in die gesig staar. Dan lyk Sanlam se gogga-maak-vir-baba-bang-advertensie, waar hulle verbruikersgoedere se pryse vanuit 2000 projekteer en ’n brood R975 kos, na realiteit. Die euro wat ’n paar jaar gelede die lig gesien het, word sterker by die dag en bal sy spiere tans teen so ’n tempo dat dit binnekort die tienrandmerk gaan verby steek. Net die dollar trek tans swaar maar wat kan mens verwag met ’n oorlog wat daagliks miljoene kos. Die dag as die VSA uit Irak trek, gaan ons ’n ramp in ons ekonomie beleef wat menige handelaar in absolute verstomming gaan laat.

    Waarin lê ons heil? Hoe gaan ons die ekonomie regruk? Deur ’n absolute hardegatarrogansie, deur dinge eerstens vir onsself weer te begin doen. Die Engelse stel dit so mooi: charity starts at home. Kyk ons nie na onsself nie, gaan ons nie na ander kan uitreik nie. My donder, wat is nou so moeilik om hiervan te verstaan? Ons maak nie eers ons eie speelgoed nie en voer miljoene rande se gemors vanaf die Ooste jaarliks in om vir ons kinders te gee. Nou as ons nie eers ’n speelding kan maak nie, hoe kan ons iets van werklike waarde aan ons mededingers daarbuite gee? Die vorige regering het ten minste die waarde van die beskerming van eie nywerhede besef en nie alles net oorboord gegooi as gevolg van internasionale druk nie. Die tekstielbedryf was een en ons het vir ons eie mense klere gemaak. As ons die grondstowwe vir produkte het, hoekom moet ons dit uitvoer en dan weer in verwerkte vorm terug invoer? Met staatsinisiatief kan invoerbelasting op sulke ingevoerde tipe artikels verhoog word en ’n eie industrie geskep word wat nie net werk kan voorsien nie, maar ook ons handelsbalans ’n blaaskans sal gee. Maar dié wat weet sal eenvoudig sê dat dit nie kan werk nie. Dis nie die geval nie, eerder een van: hulle wil nie werk nie. Dis baie makliker om in te voer en as die dinge verkeerd loop dan dreig hulle om die verbruiker van sy luukses te stroop. Die banke moedig mense aan om te koop deur goedkoop krediet en dan kom hulle grootbaas Mboweni en dreig weer oor wat gekoop is. Belaglik.

    Een van die grootste redes hoekom die betalingsbalans so sleg daar uitsien, is onder andere weens motorverkope. Menigte vervaardigers wat absoluut niks bydra tot die groei van ons ekonomie nie, bring duisende voertuie in wat weereens verraad teen Volkswagen, Mercedes-Benz, Toyota en Delta verteenwoordig. Maatskappye wat deur dik en dun gestaan het en nou voor die swyne gewerp word met sogenaamde laer geprysde produkte waarvan baie maar eintlik minderwaardig is. Maar steeds verkoop Volkswagen en Toyota maandeliks die meeste voertuie. As Volvo, Kia, Renault en ander nie fabrieke hier wil oprig nie, hoekom word hierdie maatskappye nie deur invoerbelasting op hul plek gesit nie? Kry iemand dalk weer geld deur die tafel deur om die klampe los te maak? Die top twee moes lankal hierdie regering se gat geskop het en gedreig het met toemaak as hulle nie daadwerklik iets doen om hulle belange te beskerm nie. Dit is charity starts at home, waarvan hierdie leiers van ons salig onbewus is.

    Nee wat, ons het ’n afsetplek vir allerhande gemors geword. ’n Onlangse landbouberaad oor invoere het skipbreuk gely toe ons verteenwoordigers vir die arrogante uitlanders ’n koue skouer gegee het en uitgestap het. Weereens is verwag dat ons die knie moet buig. Om te kon uitvoer na sekere markte moes ons om en by dubbel invoer. Ons het meer sulke aksies nodig en ook verbruikersboikotte teen sekere produkte. Dan sal ons dalk genoop wees om weer self te begin vervaardig en ons boere, soos die melkboere, vir hulle produkte te vergoed wat baie beter en goedkoper is. Tans word ons soos lammers ter slagting gelei.

    pearl hair combДанильченко Юрий Харьков

  • Afrikaners: Isoleer ons onsself?

    ’n Ge-Google kon nie aandui of daar ’n werklike plaasvervanger vir Insig is nie, met ander woorde, ’n tydskrif of selfs ’n webtuiste waar Afrikaners in Afrikaans kan lees oor presies wat in die wêreld aangaan nie.

    Ons hoor immers dat die wêreld danksy die tegnologie by wyse van spreke “gekrimp” het. Wat in een deel van die wêreld aangaan, is blitsig op die TV-skerms en in die sitkamer van iemand aan die ander kant van die wêreld. E-pos word blitsig die wêreld vol gestuur.

    Maar beteken dit dat die Afrikaner se horisonne verbreed word?

    Kom ons neem ’n voorbeeld. Vanjaar is dit 100 jaar sedert die bekendste Noorse komponis, die wêreldberoemde Edvard Grieg, dood is. Dis presies 300 jaar sedert die geboorte van die wêreldbekende Sweedse botanikus, Carl Linné (Carolus Linnaeus). Linné het ’n groot invloed op die klassifikasie en identifikasie van die Kaapse flora gehad.

    Dis vanjaar presies ’n duisend jaar sedert die eerste ernstige poging aangewend is om ’n Christen-nedersetting in die Amerikas te vestig.

    En dis presies 10 jaar sedert  prinses Diana verongeluk het.

    Wat haal die Afrikaanse gedrukte media?

    Die voorbeelde wat genoem is, is te uitsonderlik. Kom ons noem ’n paar ander.

    Groot getalle veral jong Afrikaners bevind hulle nou in diaspora. Tipiese wêreldburgers, want hulle sien kans om met mense in hul eie lande te gaan meeding. Hulle is dus goed oor toestande, leiers, ens. in daardie lande ingelig. Reg?

    Prik u gedagtes. Sedert Joop den Uyl, Juan de Peron, Salvador Allende of Pinochet, Oalf Palme, Idi Amin, Kenneth Kaunda, Leabua Jonathan, Hastings Banda, koning Mosjesj II en Julius Nyerere – wie is nou die staats- en regeringshoofde van hul betrokke lande?

    As u al die huidiges ken, is u voorwaar net so raar soos iemand wat geweet het van al die besondere herdenkings wat in die inleiding genoem is.

    Die ironie is dat die name wat wel onthou word, dateer uit die isolasiejare. Afgesien van die politieke en kulturele isolasie, was daar ook nie internet en selfs fakse nie. Sms’e het ook nog nie bestaan nie.

    As u dink die voorbeelde hierbo genoem was om die verkeerde redes bekend – dink bietjie of u weet wie is nou in beheer in die lande van mense met name soos Bandenereika, Ramgoolan, Meir, Buthu en Ghandi?

    Met die ontvoering van Suid-Afrikaners in Nigerië, hoeveel mense weet wat is die naam van die hoofstad van dié land? Dis terloops al baie lankal nie Lagos nie, as u gedink het u het darem een puntjie losgeslaan.

    Of wie kan met sekerheid sê wat is die naam van Tanzanië se hoofstad? Toegegee, die meeste bronne dui Dar es Salaam aan, maar die land se eie bronne dui Dodoma aan – al van 1972 af.

    As u nie geweet het nie, is u in goeie geselskap. In Suid-Afrika is daar ’n nasionale TV-nuusdiens wat nie weet wat die naam van Suid-Afrika se hoofstad is nie. Vir iemand wat op tegniese korrektheid ingestel is, steek die verkeerde naam wat gebruik word soos ’n ystervarkpen dwars in ’n mens se sluk, en ’n mens se wrewel teen dié uitsaaimedium groei by die dag.

    Of kyk maar hoe u in ’n algemenekennistoets uit ’n tydskrif vaar as u nie in Hollywood, die Britse koningshuis, sepies en popmusiek belangstel nie. Beslis nie baie goed nie.

    Ons het nou simptome van ’n aktualiteitskennisarme Afrikaner geïdentifiseer.

    Die vraag is hoekom?

    Het die maklike toegang tot inligting deur byvoorbeeld die internet ’n soortgelyke effek op ’n mens se vermoë om inligting te onthou as wat ’n sakrekenaar het op ’n mens se vermoë om somme te maak? Of het daar ’n blote vervlakking ingetree?

    Meningspeilings het onlangs aangetoon dat ’n baie groot persentasie Suid-Afrikaners nie glo dat Vigs ’n siekte is nie en heelwat wat glo dat dit genees kan word. Net so het ’n baie groot deel aangedui dat hulle nie glo dat rook sleg vir ’n mens se gesondheid is nie. Dit lyk asof Afrikaners oor hierdie aspekte effe beter ingelig is as die gemiddelde Suid-Afrikaner, maar daar is tog rillerstories in omloop oor tot elfjarige kinders uit Afrikanergesinne wat Vigs weens ’n onverskillige houding opdoen – of uit onkunde.

    Agter die skole se skietbane se mure is daar ook nie ’n tekort aan Afrikanerkinders wat dampies maak nie. Onkunde? Groepsdruk?

    Die alarm het ’n paar dekades gelede vir my afgegaan. Destyds het die Volksblad ’n vakature vir ’n verslaggewer gevul. Die proffie in Kommunikasiekunde was ontstoke oor sy stermeestersgraadstudent oor die hoof gesien is ten koste van ’n dame wat ’n B.Iur (driejarige regsgraad) voltooi het. Die redakteur het verduidelik dat die Kommunikasiekundestudent nie van die hoogs emosionele tussenverkiesing wat destyds in Parys plaasgevind het, geweet het nie. Sy kon ook nie die politieke partye noem nie. Sy het, kortom, nie die Volksblad se aktualiteit gelees nie, maar wou tog daar gaan werk.

    Later, toe as redakteur, is ek gereeld deur jong verslaggewers “aangevat” oor woorde en feite wat glo nie sou bestaan het nie. Almal het taalkunde geneem, en was briljant, maar sekere voor die hand liggende woorde het hulle gewoon nie geken nie en gestry dat dit nie bestaan nie tot dit in die woordeboek vir hulle gewys is.

    Van die feite waarmee hulle gestry het, het hulle, volgens hulself, op universiteit geleer. Hulle was dus nie spontaan vatbaar vir die idee dat dit verkeerd kon wees nie.

    Dan praat ’n mens nie oor sekere propaganda, romantiek of dergelike wat nou klakkeloos as feite aangebied word nie. Vra byvoorbeeld vir ’n jong Suid-Afrikaner (en dalk selfs al ’n ouer een) waaroor die Soweto-onluste gehandel het. Heel waarskynlik sal aangevoer word dat dit was omdat Afrikaansmediumonderrig afgedwing is – iets wat blote fabel is.

    Sekere media is op ’n manier onder regeringsbeheer en daarom sal ’n mens byvoorbeeld nie sommer hoor dat die laaste apartheidswet al ’n hele ruk voor 1994 afgeskaf is nie, en dat daar nou baie meer rassewette is as wat daar in 1994 was. Dit, ten spyte daarvan dat die vreeslike sensitiwiteit om politiek korrek te probeer wees, nou al taamlik oudmodies is.

    Maar dit lyk asof die skade reeds gedoen is. ’n Jong geslag Afrikaners gaan die toekoms in, reeds gebreinspoel met verkeerde feite wat hul samestelling onderspan. Dis natuurlik nie die eerste keer wat dit met Afrikaners gebeur nie. Lees van hul ouers se bronne oor die Afrikaner se geskiedenis, soos die Drie Eeue-reeks, en dan lees ’n mens van die swart en bruin mense wat in die Bloedrivierlaer was. In heelwat latere bronne het dié inligting ontbreek. So was baie Afrikaners verbaas om van die swart konsentrasiekampe in die Anglo-Boereoorlog te verneem, terwyl dit ’n paar dekades gelede wel deel van die skoolleerplanne was. Ouer bronne dui aan dat dit moontlik is dat Bloemfontein sy naam van ’n Koranna-kaptein, Jan Bloem, gekry het. Van hierdie bronne is ouer as die bronne wat dit aan blomme by die fontein wil toedig en baie oortuigend. Tog vermeld latere, “gesaghebbende” bronne, hierdie variant nie.

    In ou bronne lees ons dat Columbus by die Yslanders van die bestaan van Amerika verneem het, en selfs hoe ver dit is, terwyl latere bronne om die dood gestry het dat die Noormanne ooit die Amerikas bereik het.

    Die verskil is nou dat die werklike feite omtrent net so beskikbaar is as die verdraaiings. Veral die internet bied toegang tot amper enige inligting oor enige onderwerp, kaf ingesluit.

    Om inligting by die gemeenskap te kry, is nie so maklik nie. Dit is wel dikwels moontlik om dit uitgesaai en gepubliseer te kry, maar dan beleef ’n mens die frustrasie dat dit nie inslag vind nie. ’n Paar jaar gelede was ek as Vrystaatse inligtingsbeampte betrokke by die bemarking van die komende nasionale sensus. In ’n stadium was dit onder meer al oor die TV uitgesaai, dit was op die grootste tweetalige kommersiële uitsaaier in die provinsie, dit was al in Volksblad. Maar bloedweinig Afrikaners het daarvan geweet. Dieselfde probleem is landswyd ervaar. Planne is toe gemaak om dit via een van die sepies bekend te stel – die sensus iewers in die teks in te werk.

    “Gelukkig” bars die kondoombom toe. ’n Verslaggewer ontdek daar word ook kondome in die toerustingpakkies van die sensusopnemers geplaas. Hierdie debakel maak dat almal dadelik van die sensus weet.

    Dit spreek vanself dat politieke partye ’n frustrasie sal ervaar as die kiesers ’n aktualiteitsonkunde beleef. Sommige van die groter partye kan wen hierdeur, want die mense weet darem in die algemeen van hulle. Weens die algemene onkunde kan mense vir partye stem wie se beleid maar min raakvlakke met hul eie oortuigings toon.

    Die probleem sny egter in as dit kom by kleiner partye wat baie spesifieke doelstellings nastreef. Ek skryf dikwels onder my eie naam oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe. Heelwat word gepubliseer of uitgesaai. Tog sou ’n mens nie verwag dat iemand jou naam plaas, maar nog nooit van die ACDP gehoor het nie. Dit het al met my gebeur. Konstante bekendstelling is dus noodsaaklik, maar dit het ’n baie klein uitwerking per geleentheid, waarskynlik omdat die Afrikaner en ander kiesers se aktualiteitsbelangstellingsvelde so beperk is.

    promote my instagramЛобановский

  • Staking bewys NSA se mislukking

    ’n Groot verwagting wat eenvoudig nooit sou kon realiseer nie, was die nuwe Suid-Afrika, splinternuwe vlag en al. Sy argitekte het eenvoudig te veel “kortpad gevat”, asof hulle gejaag het om ’n voorgeskrewe sperdatum te haal, en miskien was daar bepaalde kontraktuele  voorvereistes, wie weet?  Teen alle verwagting in is die “wonderwerk” van die nuwe Suid-Afrika toe nie verwesenlik nie. Inteendeel het ons tot dusver, behalwe natuurlik die enkele utopieverslaafde, realiteitsontkennende idealiste se sienings, net die stelselmatige aftakeling en vernietiging van ’n land aanskou wat eens nie sonder foute nie, maar ten minste leefbaar was. In tipiese Afrikastyl is die koskas geplunder en verruil vir blink, pikswart motors met getinte vensters, ontwerpersonbrille en die nuutste selfone. Hierdie koskasplunderaars is eenvoudig teen dié tyd al so bedwelmd deur die opium van kapitalisme dat hulle ook in die proses van ontkenning vasgevang is.

    Ek is bevrees dat daar wel ’n ander Suid Afrika is, een waarvan die gemiddelde blanke nie bewus is nie. Dis die rede waarom die staatspresident 90 miljoen rand op ’n veiligheidsmuur uitgee. Dit is die ware Suid-Afrika, die een agter die winkelsentrums en blink liggies van die vermaaklikheidswêreld. Die grootste deel van Suid-Afrika krepeer eenvoudig van ellende, hulle oorlewingstryd en daaglikse modus operandi  sal enige Westerling tot in sy fondamente skok. ’n Bykomende faktor is dat hulle getalle teen ’n skrikwekkende tempo aangroei soos wat miljoene deur die bostelegraaf die sein ontvang  dat die “wonderwerk” hulle ook verwelkom. Hierdie massas is vry maar hul bevryding beteken niks, want dit het nog steeds nie ’n positiewe praktiese uitkoms gelewer nie. Hulle bly krepeer, terwyl hulle staatsamptenare hulself in die weelde verkneukel.

    Die grootskaalse mobilisering van hierdie massas deur vakunies soos tans is ’n bewys dat die ANC sy houvas op Suid-Afrika verloor het. Hulle het hulself eenvoudig gemarginaliseer weens hul mag en geldbeheptheid; die verslawing van rykdom is heeltemal te onweerstaanbaar in vergelyking met hul eertydse vryheidstryd. Die landswye staking wat Vrydag 1 Junie begin het, verteenwoordig vir my ’n draaipunt in die geskiedenis van ons land. Dit dui dalk die begin van die meer radikale fase van die revolusie aan.

    Die ANC gaan egter nie net sommer tou opgooi nie, hulle gaan terugveg teen die unies vir die mag van die massas om sodoende hul finansiële voordele, onder andere, te
    verseker. Wat my bekommer, is die moontlike tegnieke wat hulle kan gebruik deur middel van die media om hulself te verskans. Om die blaam te verskuif na ’n “rassistiese” blanke minderheid wat nie wil transformeer of landuit nie, kan nie te moeilik wees nie.

    Wat my laat sidder, is dat dit dalk reeds begin het.

    пескоструйная камераДанильченко Харьков

  • Die dood van Insig

    Reg van die begin van die publikasie van Insig was dit tog, selfs net met die optel en vinnige deurblaai by ‘n winkelrak, duidelik dat die inhoud van die tydskrif op ‘n taamlike blatante wyse die leser wou laat glo hoe wonderlik die reénboognasie en die huidige politieke orde is. Die meerderheid Afrikaners het tog nooit ingekoop in die twak van die reënboognasie nie.

    Kan iemand wat geskool is in die sosiologie aan my die verskynsel verduidelik waarom die persoon wat aan die naakte keiser vertel hoe mooi hy geklee is tydens die proses van die leuen ook vir homself lieg? Of werk dit in die gange van Media24 so dat dit deel van die gepeupel wat daar werk se posbeskrywings is om nie vir hulleself te mag dink nie? Die magte in daardie organisasie moet tog weet dat Insig misluk het omdat  hulle  teikenmark nie die pêremis wat hulle vir ons as vye wil opdien sal eet nie.

    Word hulle betaal om vir hulleself te lieg of het hulle nou maar deur die jare die domste neute in die pakkie as joernaliste getrek? Dis nogal wêreldvreemd van sulke dom joernaliste om te glo dat hulle ‘n invloed op mense wat vir hulleself dink kan uitoefen.

    КОРТЫ НА МОСФИЛЬМОВСКОЙАлександр Фильчаков Васильевич

  • Carl Niehaus staan darem by wat hy glo

    Die lees van sy onlangse lofsang op Litnet aan sy surrogaatmoeder, Mamma Winnie, het my met ’n welkome maagpynlekkerkrysessie beloon. Die gedagte aan n bleekwit baba Kareltjie wat aan die bors van Mamma Afrika speen, is een wat my altyd sal bybly.

    Carl Niehaus is erg getraumatiseer en ons moet dit nóóit vergeet nie, want hoogverraad het ’n aweregse betekenis vir hom. Sy eertydse comrade en kamermaat wat hom help foto’s neem het van die Brixtonse gasaanleg, was toe al die tyd van Nasionale Intelligensie. Lekker fototjies geneem, jong Kareltjie, en dit was nie vir sy monochroom- industriële fotografieprojek nie; dit was meer bedoel as ’n anargistiese oefening in stedelike terrorisme. Baie stout, die eertydse aspirantpredikantjie, en ek kan my skaars die yskoue gevoel in sy bors indink die oomblik toe hy gearresteer is.

    Ek het eens ’n TV-onderhoud met hom gesien en hy lyk vir my na die tipe wat maklik huil. En ek bedoel nou nie uit egte hartseer nie, maar eerder op die ingewing van die oomblik, byvoorbeeld wanneer dit die dramatiese effek van die boodskap kan vergroot, soos die regte musiek op die regte oomblik in ’n liefdesverhaal. En soos ’n tienerseun se onvanpaste liefdesbriefie aan sy hoërskoolonderwyseres, klink sy lofsang aan mamma ook. Hy sing sy woorde teen haar vas, hy bring sy hele lewe in ’n tas.

    Maar ek moet toegee, hy het ten minste sy integriteit deur die jare behou. Hy staan by wat hy glo, anders as daardie amateurstoeispannetjie van die Broederbond by KODESA in die vorm van Roelf Meyer en FW de Klerk wat so maklik omgerol en vir die ANC pensie gewys het.

    new free slotОлександр Фільчаков прокурор

  • Webwerwe en sport is volk se opium

    Die Afrikaner hou hom nog net soos destyds, toe die HNP hom gewaarsku het teen wat aan die kom is, met beuselagtighede soos o.a. webwerwe en sport besig; ekself is in hierdie verband nie ‘n uitsondering nie. Die webwerwe word gebruik vir oefeninge in welsprekendheid waar allerhande raad uitgedeel word soos bv. die brief van Klaas Krissen. Wie wil u oortuig dat die Afrikaner "gatvol" is? Die ANC weet dit lankal en steur hulle hoegenaamd nie daaraan nie, miskien moet u in dié verband ‘n ope brief aan die DA rig, hulle weet dit dalk nog nie. Enigeen/organisasie wat die Bloubul-ondersteuners van Loftus af kan weghou, sal in die geskiedenis onthou word as iemand wat ’n wonderwerk verrig het. Die goeie nuus is: die regime met sy nuwe sportwetgewing gaan dit dalk regkry, nie omdat hulle wonderwerke kan verrig nie, maar omrede  hulle die Bloubulle gaan vernietig.

    Die "Powers that be",  wie hulle ook al mag wees, het ‘n onfeilbare paddakookmetode ontwikkel, naamlik "praathuise".   Hierdie huise neem verskillende gedaantes aan, bv. politiek en meer letterlik die parlement (dink maar net hoe die NP mense besig gehou het met nuttelose argumente en redenasies soos bv. wigte en teenwigte), Radio Pretoria, briewekolomme in koerante en op webwerwe, ens. Dit hou die Afrikaner besig met bespiegelings oor wat kan gebeur, gee hom plek waar hy drastiese menings kan lug en dien as weerligafleier vir sy frustasie deur by hom die illusie te skep dat hy besig is om iets vir sy volk se redding te doen.   Die volk neem uit die aard van sy praat-baie-en-doen-niks-ingesteldheid entoesiasties deel, hou homself besig met voorstelle vir aksies (en dan en wan ‘n flouerige aksiepoging) en onbenullige welsprekende rubrieke, terwyl die vyand sy ondergang beplan en uitvoer.    

    Die Afrikaners sal weer saamstaan as hulle met die rug teen die muur gedwing word deur magte van buite en dit kom so seker as wat ek hierdie ellange nuttelose menings en/of inligting op u webwerf kwytgeraak het.

    бытовые насосыОлександр Васильович Фільчаков

  • Meimaand is werklik geskiedenismaand

    Ek het vroegoggend op hierdie herdenking van daardie dag weer Dan Roodt se artikel gelees. Toevallig verwys hy juis in die laaste paragraaf na die sogenaamde Boeremag met al die toevallighede daarom heen  – die Paleis van Justisie, die Rivonia-verhoor, die prokureur betrokke met die naam van Paul Kruger, die juridiese aspekte.

    Min het ons daardie dag geweet dat Meimaand ook ons geskeidenismaand sal bly.

    Op 3 Mei 2006 kry Herman van Rooyen en Rudi Gouws dit reg om uit die Hooggeregshof te ontsnap en agt maande soek te bly.

    Op 16 Mei vanjaar sterf Herman Scheepers, beskuldigde nr. 5 in die saak. Hy is vandag(19 Mei) op Piet Retief begrawe. Hy het maande lank stukkie vir stukkie gesterwe aan die gevolge van ’n breinvirus. As gevolg van die erns van sy siekte het hy darem borg gekry en sy vrou en dogters kon hom sy laaste dae in hul eie huis versorg.

    Net laas week het die 138ste getuie begin getuig. ’n Senior Superintendent (hanteerder van die eerste getuie) is in terme van artikel 204 van die Strafproseswet gewaarsku dat hy slegs vrywaring kan kry van moontlike strafregtelike vervolging indien hy die hof kan oortuig dat hy die waarheid praat. Die klagtes: besit van ’n onwettige vuurwapen, besit van plofstof en meineed. Meineed: oor getuienis wat hy in die onderskeie borgaansoeke van beskuldigdes 1 tot 4, wat steeds in aanhouding is, gelewer het.

    Dan Roodt se artikel het my daardie tyd al daarop gewys, dat toevallighede in geskiedenis verander en ek het daardie dag op die trappe besef dat ons midde in die geskiedenis staan.  Sy aanhaling van Andrè Malraux het aan my kom klou:

    “Vir my het die politiek nog nooit bestaan nie. Wat wel bestaan, is geskiedenis.”

    Anita du Plessis is een van die “Boeremagvrouens” wie se mans tans aangehou word en op aanklagte van hoogverraad verhoor word.компрессор воздушный ремезаОлександр Фільчаков прокурор

  • Helen Zille se nie-rassige Suid-Afrika

    Laat die geskiedenis ons leer: die Franse kritikus Aimé Césaire, het Haïti so beskryf: “Poor Africa! I say poor Haiti!  It is the same thing.  Over there, tribe, languages, rivers, the castes, forest, village against village, hamlet against hamlet.  Here, blacks, mulattos, griffes, marabouts, what-have-you, clan, caste, color, defiance and conspiracy, fights between cocks, between dogs over a bone, the combat of fleas!”  Sy waarneming van agteruitgang as gevolg van rasse-integrasie is vandag steeds van toepassing op beide hierdie gebiede.  Suid-Afrikaners kan uit hierdie geskiedenis heelwat van hulle toekoms leer!

    In die navorsingswerk van die antropoloog Michele Wucker, Why the Cocks Fight, word die rasseprobleme van Swartes en Mulatto’s in Haïti en die Dominikaanse Republiek beskryf aan die hand van kulturele verskille wat die oorsaak van konflik is wanneer integrasie met gevolglike uitbastering tussen rasse plaasvind.  Antropologie is die studie van mensekunde met die klem op rasseverskille waarin ook hulle onderskeidelike gedragspatrone waargeneem word. Hierdie studie van Wucker het ’n interessante parallel getref tussen die “cockfights” (hoendergevegte) en die aggressie tussen mense van verskillende rasse.  Haïti word hoofsaaklik beskou as ’n “swart land”, terwyl die Dominikaanse Republiek uit ’n  “Mulatto”-nasie bestaan, ’n basternasie. Die skeidslyn tussen hierdie twee “nasies” het sy oorsprong in die Rio Massacre, so genoem as gevolg van die duisende Haïtiaanse en Dominikaanse inwoners wat op die grens tussen die twee afgemaai is tydens tye van indringing oor die gemeenskaplike grens heen.

    Te midde van die oorvereenvoudigde klassifikasie van die begrippe “swart” en “baster”, deel beide minstens dieselfde rassesamestelling bestaande uit die bloed van Franse, Spaanse, Engelse, Arawakiese en Taino-indiane, asook die stamme van swart Afrika. Eers ná die rebellie van die Afrika-element teen hulle Franse oorheersers, toe alle Blankes en daarna ook die basters uitgemoor is, het die velkleur van die Haïti-inwoners so verdonker.

    Die geskiedenis van rasse-integrasie strek van vroeg in die 16e eeu toe Nicholas de Ovando, die Spaanse koloniale goewerneur, menige van die koloniste forseer het om met Indiane te trou.  Die koloniale regering het later in die 16e eeu selfs die koloniste sover gekry om met slawe te trou.  Dit was ’n desperate poging om die Spaanse bevolking te laat vermeerder om sodoende weerstand te bied teen die Franse en Engelse aspirasies om Spanje se mag te breek.  Hierdie basterkinders is beskou as Spaanse Blankes en is grootgemaak met ’n sterk Rooms-Katolieke identiteit om die toenemende Protestante (Engelse) te beveg. Oor die eeue heen het die rasse-identiteit van die Dominikane verdof en is hulle vandag net bekend as “Mullato’s”, dus basters.

    Reeds in 1549 is daar onder hierdie koloniste sewe rasse geïdentifiseer deur hulle koloniale regering, en in die vroeë 1970’s is daar nege haarkleure en vyftien haarteksture geïdentifiseer wat wissel van sagte reguit hare tot harde kroeshare. Ook die twaalf velkleure wat wissel van “too white” tot “almost purple”, en die tien tipes gesigstrukture, is veelseggend van die geweldige verbastering wat plaasgevind het. Nog interessanter is dat hierdie verskille elkeen in ’n insgelyks verskillende maatskaplike klas plaas.  Om in die Dominikaanse Republiek iemand ’n “Haïtiaan” te noem, is op die oppervlak dieselfde as om hom ’n “Neger” te noem, gepaardgaande natuurlik met ’n sarsie psigologiese haat en vrees. Die effens ligter velkleur van die Dominikane plaas hulle in hulle eie oë weer in ’n baie hoër sosiale klas as die donkerder Haïtiane. 

    Die donker velkleur van die Haïti-bevolking dateer terug na 1804 toe die diktator Jean-Jacques Dessalines besluit het om al die “Blankes” wat nog in Haïti gewoon het, uit te moor.  Omdat sommige van die Franse koloniste reeds uitgebaster het met die swart Afrikastamme, het hy ’n taaltoets gebruik om te bepaal watter “Blankes” gekeur kan word as Swartes.  Indien die Kreoolse aksent nie deur die Franse korrek uitgespreek is nie, is hulle onmiddellik met ’n bajonet deurboor.

    Vroeg in die Tweede Wêreldoorlog het president Rooseveldt ’n ooreenkoms met Rafael Trujillo, leier van die Dominikaanse Republiek, gesluit om Joodse vlugtelinge daar te huisves. Trujillo wat toe pas 20 000 van die bevolking van Haïti op die grens laat vermoor het, was onder die indruk dat hierdie Joodse toevoeging sou bydra om nuwe “wit” bloed in die Dominikaanse Republiek in te bring, maar die meeste Jode het uiteindelik in die VSA g beland en die Dominikaanse Republiek is vandag nog vol “Mulatto’s”.

    Bill Clinton was op sy beurt later jare so beïndruk met die renegaat, Jean-Bertrand Aristide, dat hy 20 000 VSA-troepe en miljarde dollars gebruik het om die uitgeworpe demagoog weer in ’n magsposisie in Haiti te stel. Ten spyte van hierdie poging, het Haïti weer teruggekeer na sy natuurlike staat van chaos, wetteloosheid, korrupsie, dwelmmisbruik, vuilheid en slordigheid.  So onhoudbaar is hierdie toestand dat een uit elke vyf inwoners van Haïti asook die Dominikaanse Republiek na die VSA emigreer.

    Sou die Blankes in Suid-Afrika nie tot daadwerklike verset kom teen die gedwonge rasse-integrasie deur hierdie bestel nie, sal daar ook oor ’n eeu gepraat kan word van die “Mulatto’s” van Suid-Afrika!

    Zille is reg wanneer sy sê dat as sy daarin slaag, Suid-Afrika die eerste sal wees om ’n suksesvolle nie-rassige bevolking te hê, want dit kon nog nooit elders slaag nie!  Dalk moet sy eers na die geskiedenis gaan kyk om meer helderheid oor die toekoms te verkry.

    Mag Helen Zille en haar poging om Suid-Afrika ’n nie-rassige staat te maak, met elke druppel Afrikanerbloed gestuit word!

    games onlineОлександр Васильович Фільчаков

  • Afrikaner-eendrag is belangrik

    Daar is feite wat jy sekerlik weet, maar dalk is dit goed om weer mekaar se geheue te verfris.

    Die HNP staan 38 jaar in die politieke stryd om die belange van die Afrikaner te beskerm en te bevorder. Die geskiedenis het ook reeds die HNP reg bewys. Daarom dan die slagspreuk, Om reg te wees, is om ’n mag te wees. Oor die 38 jaar was daar maar altyd die Max du Preez’s wat eerder met hulle eie mense swaarde kruis as met die vyand en juis dít, het die vyand die politieke stryd laat wen en is dit diegene wat die politieke mag goedsmoeds aan ons vyande oorhandig het.

    Suid-Afrika is aan die verval; ons is die misdaad-mekka van die wêreld en die rede daarvoor is alles politiek.  Die toestand kan slegs reggemaak word deur politieke mag. Of dit nou wet en orde, of hospitalisasie, die onderwys, of die gat in die pad is, die regering van die dag is verantwoordelik vir die herstel of instandhouding daarvan. Dit bly politiek.

    Daarom is die rol van die HNP belangrik – ook in ons strewe na Afrikaner-eendrag binne die Afrikanerfront (die Blanke volksfront). 

    Ons het veral twee sake waaroor ons met mekaar kan praat:

    1.                  Hoe laat ons die regime misluk sodat die internasionale wêreld dit duidelik kan sien, en

    2.                  Hoe beweeg ons op die pad na die herwinning van die politieke mag?

    Wat die eerste betref, is die mislukking van Sokker 2010 ‘n besliste moontlikheid. As die byeenkoms in 2010 nie hier plaasvind nie, het die ANC misluk. Ons moet die druk hou op FIFA om die byeenkoms elders te reël.

    Die herwinning van die politieke mag is meer ingewikkeld, maar daaroor sal die HNP binnekort ‘n DVD beskikbaar hê vir verdere debat.

    Onthou die woorde van dr Tobie Muller: “Misluk ons pogings en moet ons ondergaan, dan is dit is elk beter om te sterf as eerlike stryders op die slagveld, as om te versink in ‘n bedwelmende luilekker eentonigheid van niksdoen.”   Die tyd is min, maar die HNP probeer steeds om ‘n aandeel te hê aan die redding van ons volk in dit wat hy as belangrik beskou. Ek glo dat dit ook jou siening is en dat jy die stryd volwaardig sal help stry.

    Stryd is Lewe!! детектор лжи москваалександр лобановский класс

  • Fred Nel se grappie

    Dat " Die Afrikaners nog nooit so vry was soos die afgelope 13 jaar in die NSA nie" is maar net ‘n ou grappie mense, niks om so opgewonde oor te raak nie. Dit kan mos nou niks anders wees as ‘n gekskeerdery nie. Toegegee, Vryheid vir die Afrikaner is ‘n baie sensitiewe en ernstige saak en behoort iemand met die statuur, verantwoordelikhede, en aansien van Fred Nel darem nie so ligtelik en onverskillig daaroor te spot nie, netnou dink die Afrikaners wat vir die DA gestem het, en wou stem, dat sy siening van Afrikaner Vryheid die amptelike siening en standpunt van die DA is en dit, mense, kan nogal ‘n lollery afgee.

    Vat nou maar net een van die "Vryhede wat deur die grondwet gewaarborg word" en "die Afrikaner kultureel en andersins ‘n bloeitydperk laat beleef het" as byvoorbeeld naamlik taalregte, en waarby, en ek is seker Fred Nel sal saamstem, Afrikaans as taal ingesluit is. Fred Nel is reg, nog nooit het Afrikaans so gebloei soos gedurende die afgelope 13 jaar in die NSA nie en bloei gaan hy nog bloei Fred, die bietjie wat daar nog van hom oor is moet doodeenvoudig weg en ek praat nou nie van al die gedigte, feeste, musiek ens waarna jy verwys nie maar dit waarna jy nie verwys nie soos byvoorbeeld Afrikaans in staatsinstellings, skole, universiteite (akademiese literatuur), openbare instellings, munisipaliteite, op SABC ens, ens. Daar waar dit vir ‘n taal saak maak om te ‘oorleef’ en nie net ‘n kombuis- fees of boektaal te word nie.

    Indien Fred se opmerking " solank as wat die Afrikaner vry is om sy kultuur uit te leef en dieselfde vryhede te geniet as enige ander landsburger " Engelssprekendes as landsburgers insluit  beklemtoon hierdie opmerking doodeenvoudig net sy ongevoeligheid met wat tans met die Afrikaner, sy taal, kultuur, geskiedenis ens in die NSA gebeur en die aanhoudende aanslag wat daar van owerheidsweë en instansies is om dit, en spesifiek sy taal en erfenisgoedere, uit te wis.

    Baie Afrikaners is deel van die globale gemeenskap en wys in die buite wêreld wat in hulle steek waar hulle as leiers na vore tree in die wetenskaplike, tegnologiese en besigheidsomgewing, nie omdat hulle dit in die buite wêreld noodwendig wil doen nie, maar omdat hulle net doodeenvoudig nie in die NSA die geleentheid gegun word om dit hier te doen nie. Nie net kry die Afrikaner nie erkenning vir wat hy in die verlede in hierdie land opgebou het nie, maar word hy vir alles wat sleg was en is beskuldig en soos ‘n derderangse landsburger wat nie hier tuishoort nie, behandel.

    Aangesien die Afrikaner die aanpassing sal moet maak om ‘n politieke beweging te steun wat eens is met sy/haar politieke beginsels wat waarskynlik beginsels sal wees wat sy/haar taal, godsdiens, kulturele en gelyke regte ens sal steun en beskerm en ‘n multikulturele party soos die DA meer Afrikaners verteenwoordig as enige ander party in Suid Afrika sal ek, om hierdie aanpassing te maak, graag wil weet wat die amptelike standpunte van die DA is tov onder andere:

    a) Taalregte met spesifieke verwysing na die rol van Afrikaans en Engels in die NSA.

    b) Die behoud / verandering van plekname.

    c) Die reg op eie skole, universiteite en ander instellings wat taal en kultuurgebonde is.

    Indien die stellings en standpunte, soos wat Frek Nel dit in sy skrywe stel, die norm is waarvolgens die "Vryheid" van ‘n volk in die NSA gemeet word dan is dit vir my duidlik dat ons hier te doen het met ‘n heel ander betekenis van die begrip "Vryheid" as wat normaalweg nog altyd aanvaar is. Vryheid, Fred, het vir ‘n volk baie meer betekenis en lê baie dieper as die oppervlakkige klomp opmerkings en standpunte wat jy in jou skrywe maak en is dit ook geen wonder dat jy die absurde gevolgtrekking  maak dat die Afrikaner nog nooit so "vry" was nie.

    Albert

     

    липецк комплектующиелобановский харьков класс

  • Ek het gesonde eerbied vir HNP

    Wat my by die paragraaf in my rubriek bring wat jou so ontstig het. Hierdie mening oor die HNP is glad nie my eie nie en is beslis nie bedoel om so verstaan te word nie. Ek het dit aangebied as die heer Du Preez se sieninge en ek sal baie verbaas wees as dit nié sy mening is nie. Ek het die vryheid geneem om die saak uit sy oë te probeer sien, met ander woorde ‘n aanpassing van die gesigspunt waaruit ek skryf. Ek is seker jy sal met my saamstem dat Max wél die rol van die HNP minag, net soos wat hy die Afrikaner in die geheel verpes.

    Om ‘n persoon wat in ‘n storie behandel word se gedagtes aangaande ‘n bepaalde saak vanuit sy eie gesigspunt te probeer uitdruk, kan in die hande van ‘n meester wonderlik doeltreffend wees. Wanneer ek my aanmatig om dié tegniek te gebruik, nou ja, ek vra om verskoning vir enige onnadenkendheid en letterkundige lompheid wat vir jou soveel onnodige ergernis veroorsaak het.

    Enige misverstand is my uitsluitlike skuld.

    Ek vertrou jy aanvaar my verduideliking en my verskoning en ook my hoop dat julle by die HNP sal voortbeur in die tuig, ongeag die teenstand wat ons saam as Afrikaners ervaar.

    купить липецк стойки трансмиссионныеФильчаков прокурор

  • Gustav Venter misken die HNP

    Dit is duidelik dat u die optrede van ’n sogenaamde boerseun, ‘Mad Max’, soos u hom tereg noem, nie goedkeur nie.  Dit is derhalwe noodsaaklik om sulke sake aan die lig te bring, selfs al neem dit u 7 240 woorde om die “pratende Max” aan te kla oor hoe hy sy woorde “rangskik en uitmarsjeer in ’n enkellinie”.

    Wat u moontlik nie begryp nie, is dat u skrywe getuig van ’n gebrek aan politieke insig. U tirade oor die “verstokte wit NP, die mees verstokte organisasie in die geskiedenis van verstokte grotbewonerorganisasies”, mag dalk korrek wees aangesien daardie “verstokte” organisasie deur sy eie toedoen ’n verdiende dood gesterf het. Oor die KP, die AWB en die Volksfront sal die geskiedenis ook oordeel.

    U stelling oor die HNP word egter met die minagting wat dit verdien, verwerp. Miskien behoort u eerder waardering te hê vir ’n party wat na 38 jaar steeds bestaan en in daardie tydperk alles in sy vermoë gedoen het om die verraad van die NP aan die kaak te stel en die huidige onwettige regime aan te val oor elke moontlike saak. En terloops, die HNP is springlewendig en beleef tans ’n ongekende groei en vooruitgang.  Ek wil u dus aanraai om u eerder te vergewis van die feite voordat u weer so ’n ondeurdagte stelling maak.  U stelling “maar wie onthou nou die HNP (die Ha en Pee)”, getuig nie net van u swak oordeel en insig nie, maar aan ’n tekort aan kennis van huidige gebeure rondom u.

    Dit is duidelik dat u nie met die huidige politieke gebeure tred hou wanneer u  laat blyk dat u nie bewus daarvan is dat Afrikaners tans in hierdie land probeer om hande te vat ter eendragtige verset teen ons vyande nie.  Indien u dit wel besef, is u tans besig met doelbewuste kwaadstigting tussen volksgenote, en sal u uiteindelik daaroor moet rekenskap gee.

    U beskuldig Max van die misbruik van “die magtige wapen”, sy pen.  U moet nie nog groter skade met dieselfde wapen aan die Afrikanervolk aanrig nie.uslugi-poligraf.comФильчаков прокурор харькова