praag.co.za

Staking bewys NSA se mislukking

Written by

in

’n Groot verwagting wat eenvoudig nooit sou kon realiseer nie, was die nuwe Suid-Afrika, splinternuwe vlag en al. Sy argitekte het eenvoudig te veel “kortpad gevat”, asof hulle gejaag het om ’n voorgeskrewe sperdatum te haal, en miskien was daar bepaalde kontraktuele  voorvereistes, wie weet?  Teen alle verwagting in is die “wonderwerk” van die nuwe Suid-Afrika toe nie verwesenlik nie. Inteendeel het ons tot dusver, behalwe natuurlik die enkele utopieverslaafde, realiteitsontkennende idealiste se sienings, net die stelselmatige aftakeling en vernietiging van ’n land aanskou wat eens nie sonder foute nie, maar ten minste leefbaar was. In tipiese Afrikastyl is die koskas geplunder en verruil vir blink, pikswart motors met getinte vensters, ontwerpersonbrille en die nuutste selfone. Hierdie koskasplunderaars is eenvoudig teen dié tyd al so bedwelmd deur die opium van kapitalisme dat hulle ook in die proses van ontkenning vasgevang is.

Ek is bevrees dat daar wel ’n ander Suid Afrika is, een waarvan die gemiddelde blanke nie bewus is nie. Dis die rede waarom die staatspresident 90 miljoen rand op ’n veiligheidsmuur uitgee. Dit is die ware Suid-Afrika, die een agter die winkelsentrums en blink liggies van die vermaaklikheidswêreld. Die grootste deel van Suid-Afrika krepeer eenvoudig van ellende, hulle oorlewingstryd en daaglikse modus operandi  sal enige Westerling tot in sy fondamente skok. ’n Bykomende faktor is dat hulle getalle teen ’n skrikwekkende tempo aangroei soos wat miljoene deur die bostelegraaf die sein ontvang  dat die “wonderwerk” hulle ook verwelkom. Hierdie massas is vry maar hul bevryding beteken niks, want dit het nog steeds nie ’n positiewe praktiese uitkoms gelewer nie. Hulle bly krepeer, terwyl hulle staatsamptenare hulself in die weelde verkneukel.

Die grootskaalse mobilisering van hierdie massas deur vakunies soos tans is ’n bewys dat die ANC sy houvas op Suid-Afrika verloor het. Hulle het hulself eenvoudig gemarginaliseer weens hul mag en geldbeheptheid; die verslawing van rykdom is heeltemal te onweerstaanbaar in vergelyking met hul eertydse vryheidstryd. Die landswye staking wat Vrydag 1 Junie begin het, verteenwoordig vir my ’n draaipunt in die geskiedenis van ons land. Dit dui dalk die begin van die meer radikale fase van die revolusie aan.

Die ANC gaan egter nie net sommer tou opgooi nie, hulle gaan terugveg teen die unies vir die mag van die massas om sodoende hul finansiële voordele, onder andere, te
verseker. Wat my bekommer, is die moontlike tegnieke wat hulle kan gebruik deur middel van die media om hulself te verskans. Om die blaam te verskuif na ’n “rassistiese” blanke minderheid wat nie wil transformeer of landuit nie, kan nie te moeilik wees nie.

Wat my laat sidder, is dat dit dalk reeds begin het.

пескоструйная камераДанильченко Харьков

Comments

Leave a Reply