Staking bewys NSA se mislukking

’n Epiese reklameveldtog deur die media soos byvoorbeeld oor die Nuwe Suid Afrika-wonderwerk hou ’n gevaar vir die ganse mensdom in: ná die jubelende belewenis en koorsagtige euforie rondom die vrylating van die dansende messias van die onderdruktes, Nelson Mandela, volg ontnugtering. ’n Geweldige teleurstelling en gevoel van babelaas gaan daarmee gepaard, veral as die werklikheid uiteindelik sy gesag laat geld.

’n Groot verwagting wat eenvoudig nooit sou kon realiseer nie, was die nuwe Suid-Afrika, splinternuwe vlag en al. Sy argitekte het eenvoudig te veel “kortpad gevat”, asof hulle gejaag het om ’n voorgeskrewe sperdatum te haal, en miskien was daar bepaalde kontraktuele  voorvereistes, wie weet?  Teen alle verwagting in is die “wonderwerk” van die nuwe Suid-Afrika toe nie verwesenlik nie. Inteendeel het ons tot dusver, behalwe natuurlik die enkele utopieverslaafde, realiteitsontkennende idealiste se sienings, net die stelselmatige aftakeling en vernietiging van ’n land aanskou wat eens nie sonder foute nie, maar ten minste leefbaar was. In tipiese Afrikastyl is die koskas geplunder en verruil vir blink, pikswart motors met getinte vensters, ontwerpersonbrille en die nuutste selfone. Hierdie koskasplunderaars is eenvoudig teen dié tyd al so bedwelmd deur die opium van kapitalisme dat hulle ook in die proses van ontkenning vasgevang is.

Ek is bevrees dat daar wel ’n ander Suid Afrika is, een waarvan die gemiddelde blanke nie bewus is nie. Dis die rede waarom die staatspresident 90 miljoen rand op ’n veiligheidsmuur uitgee. Dit is die ware Suid-Afrika, die een agter die winkelsentrums en blink liggies van die vermaaklikheidswêreld. Die grootste deel van Suid-Afrika krepeer eenvoudig van ellende, hulle oorlewingstryd en daaglikse modus operandi  sal enige Westerling tot in sy fondamente skok. ’n Bykomende faktor is dat hulle getalle teen ’n skrikwekkende tempo aangroei soos wat miljoene deur die bostelegraaf die sein ontvang  dat die “wonderwerk” hulle ook verwelkom. Hierdie massas is vry maar hul bevryding beteken niks, want dit het nog steeds nie ’n positiewe praktiese uitkoms gelewer nie. Hulle bly krepeer, terwyl hulle staatsamptenare hulself in die weelde verkneukel.

Die grootskaalse mobilisering van hierdie massas deur vakunies soos tans is ’n bewys dat die ANC sy houvas op Suid-Afrika verloor het. Hulle het hulself eenvoudig gemarginaliseer weens hul mag en geldbeheptheid; die verslawing van rykdom is heeltemal te onweerstaanbaar in vergelyking met hul eertydse vryheidstryd. Die landswye staking wat Vrydag 1 Junie begin het, verteenwoordig vir my ’n draaipunt in die geskiedenis van ons land. Dit dui dalk die begin van die meer radikale fase van die revolusie aan.

Die ANC gaan egter nie net sommer tou opgooi nie, hulle gaan terugveg teen die unies vir die mag van die massas om sodoende hul finansiële voordele, onder andere, te
verseker. Wat my bekommer, is die moontlike tegnieke wat hulle kan gebruik deur middel van die media om hulself te verskans. Om die blaam te verskuif na ’n “rassistiese” blanke minderheid wat nie wil transformeer of landuit nie, kan nie te moeilik wees nie.

Wat my laat sidder, is dat dit dalk reeds begin het.

пескоструйная камераДанильченко Харьков

DA: Ope brief aan Fred Nel

Image

Fred Nel

Ek en my vrou het met ’n gevoel van ambivalensie in die vorige nasionale verkiesing in 2004 vir die eerste keer sedert 1994 gekies om deel te neem aan die demokratiese proses. Bloot weens die gebrek aan beter opsie, soos derduisende ander Afrikaners, het ons ons kruisies by die DA gaan trek. Nou is ons egter spyt en finaal ontnugter, enersyds danksy ‘n sekere SMS wat ons ’n blik op die ware binnewerke van die DA bied en andersyds u respons daarop. Ons moet sekerlik dankbaar wees dat u die rede vir ons huidige onsekerheid geopenbaar het.

Laat my toe om aan te haal uit u reaksie met betrekking tot die “laaste spyker in die Afrikaner se doodskis”-sms deur u kollega: Pat Hill van die DA.

“Dit is waar dat daar onverklaarbaar deur Afrikaners na ’n identiteit of leierskap gesoek word soos onlangs bewys is deur die Delarey debat. Hierdie soeke is egter nie ’n soeke na kulturele identiteit nie maar wel politieke identiteit. Vanuit die voorafgaande stellings is dit duidelik dat daar niks skort met Afrikaners op kulturele- en besigheidsvlak nie. Wat politieke identiteit betref sal die Afrikaner nooit weer ’n noemenswaardige invloed kan uitoefen indien hy probeer om ’n ekslusiewe politieke beweging te steun nie. Afrikaners is versprei oor die politieke spektrum en is ook in leierskapsposisies in alle groot politieke partye verteenwoordig. Dit blyk ook uit die feit dat ’n multikulturele party soos die DA meer Afrikaners verteenwoordig as enige ander party in Suid-Afrika.”

Ek wil postuleer dat die rede hoekom u die soeke na leierskap en identiteit onder Afrikaners as “onverklaarbaar” beleef, juis die kern van die hele saak is. Te veel meningsvormers in die nasionale pers spreek daagliks hul opinies uit oor wat en wie die Afrikaners nou eintlik is en was, wat hulle veronderstel is om te wees en wat hulle behoort te dink en hoe om te handel, joernaliste wat soos u, die Afrikaners as etniese groep se bewussyn en gedagtegang ook “onverklaarbaar” vind. Laat my toe om aan u die onverklaarbare te verklaar.

Die leierskapsgedeelte van u kwessie is heel eenvoudig: slegs ’n Afrikanerleier of leiers met ’n sterk Calvinistiese, Protestantse onderbou as geloofsbasis, sal aanvaar word as ’n Afrikanerleier of -leiers onder die meerderheid Afrikaners en ek nooi u uit om hierdie stelling van my in historiese konteks te gaan toets. Die identiteitsgedeelte van u kwessie is weereens ‘n historiese kwelpunt wat sy oorsprong in ons geskiedenis het met die draai van die vorige eeu net na die ABO. U kollega se SMS het betrekking want die vergelyking tussen wat hy openbaar gemaak het, en die taktiek van die Britse imperialistiese magte teen die Afrikanervolk in daardie tye, is onmiskenbaar eenders.

Met betrekking tot u stelling dat daar niks skort met die Afrikaner se “besigheidsvlak” (soos u dit stel) nie, daag ek u uit om u politieke party se syfers openbaar te maak omtrent die werkloosheidsvlak onder Afrikaners in Suid Afrika vandag. ’n Vergelyking met die persentasie werkloosheid onder Afrikaners 15 jaar gelede sal vir u ’n duidelike aanduiding gee van hoe Afrikaners in die laaste 15 jaar verarm het. Eenvoudige veralgemenings en postulasies wat op u persoonlike persepsies gebaseer is, is eenvoudig nie meer bevredigend vir die gemiddelde deursnit-Afrikaner wat u as ’n kieser wil behou nie. Verder kan ek byvoeg dat die vernaamste redes hoekom derduisende Afrikaners hulle heenkome in die buiteland gaan soek, juis as gevolg van hierdie kwessie is, met die gepaardgaande heersende misdaadvlakke natuurlik.

Maar dit is als herkoude politieke speelkaarte. Ek weet u is bewus van die ware stand van sake en die ware situasie waarin die Afrikanervolk homself bevind, dus gaan ek ook nie meer verder doekies met u omdraai nie.

Ek wil aan u uitwys dat daar nie te gemaklik in u party omgegaan moet word met vleiende stellings soos dat die meerderheid Afrikaners vir julle gestem het in die vorige nasionale verkiesing nie. Die meerderheid Afrikaners het nie deelgeneem aan die verkiesings nie. Reken die effek van die openbare doodsdreigement van u Engelse kollega by die powere stukkie politieke breinbeheer van u kant af in, en die kopteller-demokrate sal ‘n nuwe som hê om te maak.

U sal agterkom dat ons as Afrikaners nie daarvan hou as politici vir ons voorskryf en dreig met woorde soos “nooit” en “moet” nie! Veral nie nadat ’n SMS die lig gesien het uit die Engelse kant van die DA wat lui: "This will be the final nail in the afrikaner  coffin, we’ll get (rid) of them after the confrce.Vote right!” (om sy presiese skrywe aan te haal) nie!

My Bybel sê: “Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit weer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn. Aanskou onder die nasies en merk op, en staan verstom; want Ek gaan iets in julle dae doen wat julle nie sal glo as dit vertel word nie.”

Die meerderheid Afrikaners is geduldige, vredeliewende, Godvresende mense (in kontras met die populêre propaganda), maar moet ons nie met gelaaide woorde voorskryf en sê dat ons moet aanhou aanpas by veranderende omstandighede nie, en ons terselfdertyd met die dood dreig nie. Dit kan dalk net die eerste spyker in die DA se doodskis beteken.

Dit het dalk tyd geword vir die res van Suid Afrika om te begin aanpas by die veranderende Afrikanersentiment.

и сауныОлександр Фільчаков прокурор