praag.co.za

Fred Nel se grappie

Written by

in

Dat " Die Afrikaners nog nooit so vry was soos die afgelope 13 jaar in die NSA nie" is maar net ‘n ou grappie mense, niks om so opgewonde oor te raak nie. Dit kan mos nou niks anders wees as ‘n gekskeerdery nie. Toegegee, Vryheid vir die Afrikaner is ‘n baie sensitiewe en ernstige saak en behoort iemand met die statuur, verantwoordelikhede, en aansien van Fred Nel darem nie so ligtelik en onverskillig daaroor te spot nie, netnou dink die Afrikaners wat vir die DA gestem het, en wou stem, dat sy siening van Afrikaner Vryheid die amptelike siening en standpunt van die DA is en dit, mense, kan nogal ‘n lollery afgee.

Vat nou maar net een van die "Vryhede wat deur die grondwet gewaarborg word" en "die Afrikaner kultureel en andersins ‘n bloeitydperk laat beleef het" as byvoorbeeld naamlik taalregte, en waarby, en ek is seker Fred Nel sal saamstem, Afrikaans as taal ingesluit is. Fred Nel is reg, nog nooit het Afrikaans so gebloei soos gedurende die afgelope 13 jaar in die NSA nie en bloei gaan hy nog bloei Fred, die bietjie wat daar nog van hom oor is moet doodeenvoudig weg en ek praat nou nie van al die gedigte, feeste, musiek ens waarna jy verwys nie maar dit waarna jy nie verwys nie soos byvoorbeeld Afrikaans in staatsinstellings, skole, universiteite (akademiese literatuur), openbare instellings, munisipaliteite, op SABC ens, ens. Daar waar dit vir ‘n taal saak maak om te ‘oorleef’ en nie net ‘n kombuis- fees of boektaal te word nie.

Indien Fred se opmerking " solank as wat die Afrikaner vry is om sy kultuur uit te leef en dieselfde vryhede te geniet as enige ander landsburger " Engelssprekendes as landsburgers insluit  beklemtoon hierdie opmerking doodeenvoudig net sy ongevoeligheid met wat tans met die Afrikaner, sy taal, kultuur, geskiedenis ens in die NSA gebeur en die aanhoudende aanslag wat daar van owerheidsweë en instansies is om dit, en spesifiek sy taal en erfenisgoedere, uit te wis.

Baie Afrikaners is deel van die globale gemeenskap en wys in die buite wêreld wat in hulle steek waar hulle as leiers na vore tree in die wetenskaplike, tegnologiese en besigheidsomgewing, nie omdat hulle dit in die buite wêreld noodwendig wil doen nie, maar omdat hulle net doodeenvoudig nie in die NSA die geleentheid gegun word om dit hier te doen nie. Nie net kry die Afrikaner nie erkenning vir wat hy in die verlede in hierdie land opgebou het nie, maar word hy vir alles wat sleg was en is beskuldig en soos ‘n derderangse landsburger wat nie hier tuishoort nie, behandel.

Aangesien die Afrikaner die aanpassing sal moet maak om ‘n politieke beweging te steun wat eens is met sy/haar politieke beginsels wat waarskynlik beginsels sal wees wat sy/haar taal, godsdiens, kulturele en gelyke regte ens sal steun en beskerm en ‘n multikulturele party soos die DA meer Afrikaners verteenwoordig as enige ander party in Suid Afrika sal ek, om hierdie aanpassing te maak, graag wil weet wat die amptelike standpunte van die DA is tov onder andere:

a) Taalregte met spesifieke verwysing na die rol van Afrikaans en Engels in die NSA.

b) Die behoud / verandering van plekname.

c) Die reg op eie skole, universiteite en ander instellings wat taal en kultuurgebonde is.

Indien die stellings en standpunte, soos wat Frek Nel dit in sy skrywe stel, die norm is waarvolgens die "Vryheid" van ‘n volk in die NSA gemeet word dan is dit vir my duidlik dat ons hier te doen het met ‘n heel ander betekenis van die begrip "Vryheid" as wat normaalweg nog altyd aanvaar is. Vryheid, Fred, het vir ‘n volk baie meer betekenis en lê baie dieper as die oppervlakkige klomp opmerkings en standpunte wat jy in jou skrywe maak en is dit ook geen wonder dat jy die absurde gevolgtrekking  maak dat die Afrikaner nog nooit so "vry" was nie.

Albert

 

липецк комплектующиелобановский харьков класс

Comments

Leave a Reply