praag.co.za

Helen Zille se nie-rassige Suid-Afrika

Written by

in

Laat die geskiedenis ons leer: die Franse kritikus Aimé Césaire, het Haïti so beskryf: “Poor Africa! I say poor Haiti!  It is the same thing.  Over there, tribe, languages, rivers, the castes, forest, village against village, hamlet against hamlet.  Here, blacks, mulattos, griffes, marabouts, what-have-you, clan, caste, color, defiance and conspiracy, fights between cocks, between dogs over a bone, the combat of fleas!”  Sy waarneming van agteruitgang as gevolg van rasse-integrasie is vandag steeds van toepassing op beide hierdie gebiede.  Suid-Afrikaners kan uit hierdie geskiedenis heelwat van hulle toekoms leer!

In die navorsingswerk van die antropoloog Michele Wucker, Why the Cocks Fight, word die rasseprobleme van Swartes en Mulatto’s in Haïti en die Dominikaanse Republiek beskryf aan die hand van kulturele verskille wat die oorsaak van konflik is wanneer integrasie met gevolglike uitbastering tussen rasse plaasvind.  Antropologie is die studie van mensekunde met die klem op rasseverskille waarin ook hulle onderskeidelike gedragspatrone waargeneem word. Hierdie studie van Wucker het ’n interessante parallel getref tussen die “cockfights” (hoendergevegte) en die aggressie tussen mense van verskillende rasse.  Haïti word hoofsaaklik beskou as ’n “swart land”, terwyl die Dominikaanse Republiek uit ’n  “Mulatto”-nasie bestaan, ’n basternasie. Die skeidslyn tussen hierdie twee “nasies” het sy oorsprong in die Rio Massacre, so genoem as gevolg van die duisende Haïtiaanse en Dominikaanse inwoners wat op die grens tussen die twee afgemaai is tydens tye van indringing oor die gemeenskaplike grens heen.

Te midde van die oorvereenvoudigde klassifikasie van die begrippe “swart” en “baster”, deel beide minstens dieselfde rassesamestelling bestaande uit die bloed van Franse, Spaanse, Engelse, Arawakiese en Taino-indiane, asook die stamme van swart Afrika. Eers ná die rebellie van die Afrika-element teen hulle Franse oorheersers, toe alle Blankes en daarna ook die basters uitgemoor is, het die velkleur van die Haïti-inwoners so verdonker.

Die geskiedenis van rasse-integrasie strek van vroeg in die 16e eeu toe Nicholas de Ovando, die Spaanse koloniale goewerneur, menige van die koloniste forseer het om met Indiane te trou.  Die koloniale regering het later in die 16e eeu selfs die koloniste sover gekry om met slawe te trou.  Dit was ’n desperate poging om die Spaanse bevolking te laat vermeerder om sodoende weerstand te bied teen die Franse en Engelse aspirasies om Spanje se mag te breek.  Hierdie basterkinders is beskou as Spaanse Blankes en is grootgemaak met ’n sterk Rooms-Katolieke identiteit om die toenemende Protestante (Engelse) te beveg. Oor die eeue heen het die rasse-identiteit van die Dominikane verdof en is hulle vandag net bekend as “Mullato’s”, dus basters.

Reeds in 1549 is daar onder hierdie koloniste sewe rasse geïdentifiseer deur hulle koloniale regering, en in die vroeë 1970’s is daar nege haarkleure en vyftien haarteksture geïdentifiseer wat wissel van sagte reguit hare tot harde kroeshare. Ook die twaalf velkleure wat wissel van “too white” tot “almost purple”, en die tien tipes gesigstrukture, is veelseggend van die geweldige verbastering wat plaasgevind het. Nog interessanter is dat hierdie verskille elkeen in ’n insgelyks verskillende maatskaplike klas plaas.  Om in die Dominikaanse Republiek iemand ’n “Haïtiaan” te noem, is op die oppervlak dieselfde as om hom ’n “Neger” te noem, gepaardgaande natuurlik met ’n sarsie psigologiese haat en vrees. Die effens ligter velkleur van die Dominikane plaas hulle in hulle eie oë weer in ’n baie hoër sosiale klas as die donkerder Haïtiane. 

Die donker velkleur van die Haïti-bevolking dateer terug na 1804 toe die diktator Jean-Jacques Dessalines besluit het om al die “Blankes” wat nog in Haïti gewoon het, uit te moor.  Omdat sommige van die Franse koloniste reeds uitgebaster het met die swart Afrikastamme, het hy ’n taaltoets gebruik om te bepaal watter “Blankes” gekeur kan word as Swartes.  Indien die Kreoolse aksent nie deur die Franse korrek uitgespreek is nie, is hulle onmiddellik met ’n bajonet deurboor.

Vroeg in die Tweede Wêreldoorlog het president Rooseveldt ’n ooreenkoms met Rafael Trujillo, leier van die Dominikaanse Republiek, gesluit om Joodse vlugtelinge daar te huisves. Trujillo wat toe pas 20 000 van die bevolking van Haïti op die grens laat vermoor het, was onder die indruk dat hierdie Joodse toevoeging sou bydra om nuwe “wit” bloed in die Dominikaanse Republiek in te bring, maar die meeste Jode het uiteindelik in die VSA g beland en die Dominikaanse Republiek is vandag nog vol “Mulatto’s”.

Bill Clinton was op sy beurt later jare so beïndruk met die renegaat, Jean-Bertrand Aristide, dat hy 20 000 VSA-troepe en miljarde dollars gebruik het om die uitgeworpe demagoog weer in ’n magsposisie in Haiti te stel. Ten spyte van hierdie poging, het Haïti weer teruggekeer na sy natuurlike staat van chaos, wetteloosheid, korrupsie, dwelmmisbruik, vuilheid en slordigheid.  So onhoudbaar is hierdie toestand dat een uit elke vyf inwoners van Haïti asook die Dominikaanse Republiek na die VSA emigreer.

Sou die Blankes in Suid-Afrika nie tot daadwerklike verset kom teen die gedwonge rasse-integrasie deur hierdie bestel nie, sal daar ook oor ’n eeu gepraat kan word van die “Mulatto’s” van Suid-Afrika!

Zille is reg wanneer sy sê dat as sy daarin slaag, Suid-Afrika die eerste sal wees om ’n suksesvolle nie-rassige bevolking te hê, want dit kon nog nooit elders slaag nie!  Dalk moet sy eers na die geskiedenis gaan kyk om meer helderheid oor die toekoms te verkry.

Mag Helen Zille en haar poging om Suid-Afrika ’n nie-rassige staat te maak, met elke druppel Afrikanerbloed gestuit word!

games onlineОлександр Васильович Фільчаков

Comments

Leave a Reply