Vandag is W?reldtuberkulosedag

Volgens die Suid-Afrikaanse tak van die organisasie Médecins sans Frontières (MSF) is ‘n nuwe benadering nodig om uiters weerstandige tuberkulose (MDR-TB) te beveg. MSF het ‘n verklaring uitgereik op die vooraand van Wêreldtuberkulosedag waarin hulle beweer hierdie nuwe vorm van tuberkulose (TB) vorm maar net die boonste puntjie van die ysberg van mislukte pogings om TB in Suid-Afrika te bekamp. Die aantal TB-infeksies in die land het sedert 1996 verdubbel. 444 Uit elke 100 000 Suid-Afrikaners ly aan die siekte. Suid-Afrika tel onder die lande met die hoogste voorkoms van TB ter wêreld.

Volgens dr Eric Goemaere, hoof van MSF in Suid-Afrika, verskil die konteks hier van bv Oos-Europa, waar MDR-TB suksesvol behandel word. Hier is die meeste draers van die siekte ook besmet met MIV/vigs en maak gebrekkige infrastruktuur gesentraliseerde hospitaalsorg baie moeilik. MSF reken dat een uit elke vyftig mense in Khayelitsha jaarliks tuberkulose opdoen. 67% Van hulle is ook MIV-positief. Gauteng, met sy bevolking van 9,7 miljoen, het die hoogste voorkoms van TB van al die provinsies.

Op die oomblik neem dit gemiddeld twee maande om MDR-TB te diagnoseer en pasiënte kan tot vier maande vir ‘n hospitaalbed wag. Die Wes-Kaapse gesondheidsdiens het voorts bevind dat sowat 38% van pasiënte met MDR-TB behandeling staak omdat hulle nie vier maande in die hospitaal wil deurbring nie en nie hou van die newe-effekte van die medisyne nie.

MSF het verder die Gautengse gesondheidsdepartement se besluit om vroeër die week dertien pasiënte met MDR-TB te dwing om behandeling te ondergaan, gekritiseer. Volgens MSF is dit nie ‘n volhoubare oplossing vir die TB-probleem nie.

игрушки подвески на кроваткуДанильченко Юрий отзывы