‘Stem of die Boere is terug!’

Die ANC se adjunk-president Cyril Ramaphosa het Limpopo se inwoners gewaarsku om te stem of anders sal die “Boere” terug aan bewind kom. “As jy nie stem nie sal die Boere weer kom om ons te beheer,” het Ramaphosa glo gesê in Seshego . The Star het Maandag berig dat hy gepraat het met ‘n

Lees verder: ‘Stem of die Boere is terug!’

Westerse hulp stroom in na Filippynse supertifoon

Hulp na die Filippyne uit die Weste stroom in nadat die omvang van die verwoesting wat deur die supertifoon, Haiyan gesaai is, bekend geraak het. Die Filippyne is oorwegend Rooms Katoliek en is deel van die wêreldwye Rooms-Katolieke Kerk. Dit is ook een van die twee lande in Asië met ‘n oorwegend Rooms-Katolieke bevolking (die

Lees verder: Westerse hulp stroom in na Filippynse supertifoon

African Bank verloor meer as kwart van sy waarde binne minute

African Bank Investments se aandeelprys het Maandagoggend met meer as 26% geval nadat die groep ‘n yslike verlies bekend gemaak het. Die groep wil sy ’n kapitaalvlakke ’n hupstoot gee deur ’n regte-uitgif van R5,5 miljard, onderskryf deur Goldman Sachs. African Bank, die grootste plaaslike verskaffer van ongesekureerde lenings, het in die jaar tot September

Lees verder: African Bank verloor meer as kwart van sy waarde binne minute

Die onophoudelike ge-Nkandla

Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela gaan vandag ‘n omvattende verklaring uitreik waarin kwessies uitgespel word wat gelei het tot hofoptrede oor haar voorlopige verslag oor die president se privaatwoning op Nkandla. Die staat het die kantoor van die Openbare Beskermer verlede Vrydag deur middel van ‘n interdik probeer verhoed om die verslag oor sekerheidsopgraderings aan

Lees verder: Die onophoudelike ge-Nkandla

Jonges registreer om te stem

Suid-Afrika sal teen Woensdag weet hoeveel nuwe kiesers vir die 2014 algemene verkiesing geregistreer het. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê meer as ‘n miljoen mense het Saterdag die 22.000 kieserregistrasiesentrums besoek. Die naweek se registrasieveldtog het gisteraand ten einde geloop en volgens aanduidings is sowat 75 persent van diegene wat geregistreer het jonger as 30. Die

Lees verder: Jonges registreer om te stem

Gautrein kan baat by e-tol

Die Gautengse regering moet R700 miljoen aan die Gautrein se operateurs oorbetaal. Die Gautrein-bestuursagentskap (GMA) verwag egter ’n toename van sowat 10% – sowat 5 000 passasiers – wanneer die e-tolstelsel ingestel word. Die GMA beplan voorts om die bestaande Gautrein-stelsel met nuwe roetes na Soweto en die Oos-Rand uit te brei. Die GMA moet

Lees verder: Gautrein kan baat by e-tol

Numsa KZN onttrek aan Cosatu se massa-optrede

Die KwaZulu-Natalse tak van die vakbond, Numsa het aan Cosatu se beplande nasionale massa-optrede onttrek. ‘n Woordvoerder vir Numsa, Mbuso Ngubane sê dit is onmoontlik om binne ‘n week optrede op dié groot skaal te reël. Cosatu is van voornemens om vanaf môre, drie dae lank met massa-optrede vol te hou teen die e-tolstelsel en

Lees verder: Numsa KZN onttrek aan Cosatu se massa-optrede

Twintig kinders deur huismoeder vergiftig

‘n Swart vrou van Mamelodi sal vandag in die plaaslike landdroshof in Pretoria verskyn nadat sy na bewering 20 kinders by ‘n kinderhuis buite die stad vergiftig het. Die 35-jarige huismoeder is Vrydag in hegtenis geneem. Die polisie sê die motief moet nog vasgestel word. Volgens RSG het die kinders die gif in ‘n poeiervorm

Lees verder: Twintig kinders deur huismoeder vergiftig

Tradisionele Zuma het Zoeloes gered

Die VSA se oud-president Jimmy Carter het werklikwaar byna vir president Thabo Mbeki te lyf gegaan, omdat Mbeki geweier het om anti-retrovirale medisyne ook vir Zoeloes beskikbaar te stel. U het reg gelees: tydens Thabo Mbeki se bewind is Kwazulu-Natal se lae lewensverwagting deur president Mbeki se “irrasionele” beleid bepaal. Statistiek Suid-Afrika se mees onlangse post-Mbeki sensus bewys dit. Nadat  Zuma sy

Lees verder: Tradisionele Zuma het Zoeloes gered

Konsternasie in Israel met naderende ooreenkoms tussen VSA, Iran

Gesprekke tussen Iran en ses wêreldmagte oor Teheran se kernambisies kan sloer nadat die linkse, Sosialistiese regering van Frankryk probeer het om die konsensus tussen die VSA en Iran te ontspoor, het diplomate gesê. Ministers van Iran en die groot moondhede het laat Saterdag ‘n reeks vergaderings gehou om ‘n ooreenkoms te bereik wat dele

Lees verder: Konsternasie in Israel met naderende ooreenkoms tussen VSA, Iran