Hier is ‘n kort oorsig van die afgelope week se motornuus, van nuwe vrystellings tot ontwikkelings op die gebied van brandstofekonomie en uitlaatgasse. Renault Die internasionale motorskou in Moskou, Rusland het die platvorm geskep vir die wêreldwye bekendstelling van die nuwe Renault Latitude. Die motor is die nuwe besigheidsklas-verteenwoordiger van Renault. Volgens Renault is die
Duitse herrie oor bankier se uitlatings oor Turke en Arabiere
‘n Raadslid van die Bundesbank, die Duitse reserwebank, loop gevaar om afgedank te word as gevolg van sy uitsprake oor Turke, Arabiere en ander immigrante. Thilo Sarrazin (64), ‘n voormalige minister van finansies van die Berlynse deelstaat, het op 30 Augustus ‘n boek gepubliseer met die titel, Deutschland schafft sich ab (Duitsland skaf homself af),
Lees verder: Duitse herrie oor bankier se uitlatings oor Turke en Arabiere
Man in hof oor Bees Roux se kredietkaart
‘n Man sou vanooggend in die Pretoriase landdroshof verskyn in verband met die diefstal van die Blou Bulpeler Bees Roux se kredietkaart, het die polisie gesê. “Hy is Vrydagaand om 5:45 in hegtenis geneem,” sê Brigadier Mahlomola Manganye, van die Sunnyside-polisiekantoor in Pretoria, Gauteng. “Dit is nie in verband met die moord nie, maar in
Opkomende wetenskaplike wêreldbeeld neig na geloof
Volgens Westerse wetenskap, wiskunde en kosmologie, kan die “Big Bang” nou herdoop word na “The Big Babe”, soos in: bielie-van-‘n-Baba. In die “Kwantumlig” van Stringteorie – ‘n soort Westerse musiekteorie – was die heelal-oerknal eintlik die geboorte van ‘n nuwe baba, na ‘n “bevrugtingsbotsing” tussen ‘n meerdimensionele “pappa” en “mamma”-braan in ‘n lewende Multiversum. In die 21ste eeu is wetenskaplikes, kosmoloë en ingenieurs wêreldwyd besig om
Lees verder: Opkomende wetenskaplike wêreldbeeld neig na geloof
Van bobbejane en skape en die Vrystaatse middernagson
Die omvang van veediefstal in sekere dele van die land laat Herrie dink aan die boer wat moedeloos op sy stoep sit en ‘n stywe dop maak. Met dié trek daar ‘n trop bobbejane verby, die kieste bolgeprop van die boer se mielies. “Ja!” skree hy vir die kese, “een van die dae het die
Lees verder: Van bobbejane en skape en die Vrystaatse middernagson
Afrikanerbanke
As jy dit nog nie self ervaar het nie, het jy seker al meermale gehoor van vriende en kennisse met eindelose frustrasies by dié banke waarvan sommige eens groot Afrikanerinstellings was. Ons het so gewoond begin raak om deur volksvreemdes bedien te word. Uit frustrasie praat ons soms maar Engels net om gedoen te kry
Regering vergader oor Zim-bedeling
‘n Dringende vergadering om die dokumentasie te bespreek van Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika woon, word vir vandeesweek beplan, het binnelandse sake se woordvoerder Ronnie Mamoepa gister gesê. Hy het gesê die besonderhede van die vergadering met die verteenwoordigers van Zimbabwiese inwoners in SA sou met verloop van tyd vrygestel word. “Die vergadering sal hierdie week
Zuma: Bly hy of gly hy?
Vir ongeveer ‘n jaar lank verskil meningsvormers en kommentators oor die vraag: Is pres. Jacob Zuma se kierankies besig om uit te braai, of nie? Hieroor sal nog kopstukke kopgestamp word. In die een hoek is mense wat stewige argumente opper oor waarom die eindfluitjie besig is om vir Zuma te blaas. Die argumente is
Besige aardbewingjaar – word hulle meer en erger?
Word aardbewings al hoe meer? Indien wel, hoekom? Die aardbewing van magnitude 7 wat Nieu-Seeland se tweede grootste stad, Christcgurch op 3 September 2010 geskud het, het immers in dieselfde jaar voorgekom as wat Haïti se hoofstad deur ongeveer net so ‘n sterk aardbewing in puin gelê is, en Chili deur ‘n regtige grote getref
Lees verder: Besige aardbewingjaar – word hulle meer en erger?
Natuurwette verklaar God onnodig
Die welbekende Oerknal verskynsel was ‘n logiese reaksie vannatuurwette. Ons weet dat daar ‘n Oerknal was te danke aan die Hubble-verskynsel wat bewys dat die heelal uitsprei, wat dan op sy beurt ‘n logiese gevolgtrekking tot stand bring dat daar ‘n sentrale oorsprongpunt was. Solank daar wette soos gravitasie is, sal iets uit niks konstant
