Paul Kruger is op hierdie dag in 1825 gebore. Vir baie is hy onbetwisbaar die grootste leier wat die Afrikanervolk nog opgelewer het, en dit is belangrik dat geskiedkundige datums soos hierdie nie uit ‘n volk se kultuur-skatkis verdwyn nie, sê dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus. Dr. Mulder sê die feit dat
Pretoria in rooi getooi vir Rooi Oktober
Met ‘n goeie opkoms van ongeveer 500 mense, het die Rooi Oktober-betoging vanoggend in Pretoria en vele ander dorpe en stede in die land, maar ook in die buiteland, die land aan die gons gehad. Ná toesprake by die Pretoriase Kunsmuseum deur Steve Hofmeyr en Sunette Bridges het die optog na die grasperk van die
Ontmoet Media24
Deur Albert Brenner. Welkom by Media24. Hieronder vind u uitsprake van twee van die bekendste joernaliste/skrywers van Media24, Lilliët Radlof (redaktrise van Women24 en feminis) en Chris McEvoy. Media24 behoort aan Naspers . Naspers is die grootste media maatskapy in Afrika en een van die top 35 media maatskapye in die wereld. Die maatskapy word
Paul Kruger het grondslag vir goeie rasseverhoudinge gelê
Navorsing dui daarop dat die laaste president van die destydse Transvaalse Republiek, Paul Kruger, die grondslag gelê het vir beter rassebetrekkinge terwyl hy president was. Dit het in nuwe navorsing oor Kruger aan die lig gekom. Dit is vandag die herdenking van sy verjaardag en die Krugerhuis in Pretoria het nuwe uitstallings aangekondig wat onbekende
Lees verder: Paul Kruger het grondslag vir goeie rasseverhoudinge gelê
Korrupsie bedreig VN-vredesendings
Korrupsie bedreig die sukses van die Verenigde Nasies se vredesendings regoor die wêreld, volgens ‘n nuwe verslag. Die verslag van Transparency International identifiseer gebiede waar korrupsie alledaags geword het, veral met in die veld bedrywighede . Dit verwoord ook die noodsaaklikheid vir die organisasie en die lidlande vir ‘n ernstige bespreking oor hoe om die
Etnisiteit en dienslewering vervleg
Spanning loop hoog op Sterkspruit in die Oos-Kaap, ná ‘n vergadering van die Sterkspruit Inwonersvereniging en ander rolspelers waar hulle besluit het om met uitgebreide massa-optrede te begin tot daar aan hulle eis om ‘n onafhanklike munisipaliteit toegegee word. Inwoners beskuldig die Senqu-munisipaliteit daarvan dat hy voorkeur gee aan Barkely-Oos en Lady Grey in die
‘Dis teen die wet om oor Guptalanding te berig’
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het Woensdag gesê om inligting bekend te maak oor ‘n militêre tribunaal se voorlopige ondersoek na die landing van ‘n privaatvliegtuig by die Waterkloof-lugmagbasis, is teen die wet. “Ter navolging van die Wet op Militêre Dissipline, word die verrigtinge by ‘n voorlopige ondersoek in camera gehou,” het Siphiwe Dlamini, woordvoerder
Lees verder: ‘Dis teen die wet om oor Guptalanding te berig’
Libiese premier ontvoer
Libië se eerste minister, Ali Zeidan, is Donderdagoggend deur ‘n gewapende groep ontvoer, het dié land se regering gesê. “Die hoof van die oorgangsregering, Ali Zeidan, is buite ‘n hotel in Tripoli ontvoer deur mans, wat vermoedelik voormalige rebelle is, het die regering in ‘n kort verklaring op sy webtuiste gesê. Die groep het nog
Corrie Pypers se dogter onverwags oorlede
Corrie Pypers, fluitjieblaser en oudkaptein van die Transvaalse rugbyspan, se oudste dogter is Maandag onverwags oorlede nadat drie bloedklonte deur haar long is. Pypers, die Vryheidsfront Plus se raadslid vir Midvaal, was onlangs in die nuus omdat hy DA-korrupsie in Midvaal ontbloot het. Volgens Pypers was die destydse burgemeester Timothy Nast onder meer instrumenteel in
Minister weier om vraag oor wapenaankope te antwoord
Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het geweier om ‘n vraag in die parlement te beantwoord oor die koste van die omstrede wapentransaksie. Die minister het gesê sy kan nie die vraag beantwoord terwyl die verkrygingsproses deur die Seriti-kommissie ondersoek word nie. Sy het in reaksie op ‘n vraag van die Vryheidsfront Plus gesê deur die
Lees verder: Minister weier om vraag oor wapenaankope te antwoord
