Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het geweier om ‘n vraag in die parlement te beantwoord oor die koste van die omstrede wapentransaksie.
Die minister het gesê sy kan nie die vraag beantwoord terwyl die verkrygingsproses deur die Seriti-kommissie ondersoek word nie.
Sy het in reaksie op ‘n vraag van die Vryheidsfront Plus gesê deur die getal bekend te maak, sal die departement van verdediging kan dalk die departement se getuienis voor die kommissie van ondersoek in gedrang bring.
David Maynier van die Demokratiese Alliansie het gesê hy het die minister twee keer dieselfde vraag gevra en sy het op albei geleenthede geweier om te reageer.
Die kommissie is in 2011 deur pres. Jacob Zuma aangestel om bewerings van korrupsie in die multimiljard-wapentransaksie te ondersoek. Die verhore is tot volgende week uitgestel. – Sapa

Te veel wegsteek onder die maatemmer wat nou besig is om te gebeur – net so met die geheimhoudingswetgewing wat ek vanoggend gehoor het hulle gaan net so los. Ook net so met die Gorrupta landing. Net die elite kry voorkeur en die res kripeer – terug by die feodale stelsels waarteen ons voorouers gestry het. Die magte in die wêreld wil nie toelaat dat gewone mense vry is nie. Daar is altyd een of ander “koning” wat sy wil wil afdwing op ander.
Ek dink die minister lieg…