praag.co.za

Paul Kruger het grondslag vir goeie rasseverhoudinge gelê

Paul Kruger
Paul Kruger

Navorsing dui daarop dat die laaste president van die destydse Transvaalse Republiek, Paul Kruger, die grondslag gelê het vir beter rassebetrekkinge terwyl hy president was.

Dit het in nuwe navorsing oor Kruger aan die lig gekom. Dit is vandag die herdenking van sy verjaardag en die Krugerhuis in Pretoria het nuwe uitstallings aangekondig wat onbekende aspekte van sy lewe uitbeeld.

‘n Professor in Geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria, Johan Berg, sê Kruger se siening oor rasseverhoudinge was sy tyd ver vooruit. – RSG

Comments

17 responses to “Paul Kruger het grondslag vir goeie rasseverhoudinge gelê”

  1. Johann Theron Avatar
    Johann Theron

    Met die onlangse gebeure betreffende Belhar waar die NG Kerk oorspronklik gevra het vir rasseskeiding is dit nou interessant om te sien dat Kruger eintlik namens die staat die balans probeer handhaaf het en dat diegene wat sterk uitgesproke was vir swart-wit skeiding dus ondersteun was deur die Kerk.

  2. Naal de Koker Avatar
    Naal de Koker

    Paul Kruger het ook ‘n oorbel gedra……!

    1. gas Avatar
      gas

      Soos hulle se, hy was sy tyd vooruit.

      1. Boerseun.Z.A.R Avatar
        Boerseun.Z.A.R

        hehe

    2. Seg Avatar
      Seg

      Ek het so gesien. Vir jig of was dit nou rebelsheid?

    3. Marthinus Avatar
      Marthinus

      Was vir die gout.

      1. Naal de Koker Avatar
        Naal de Koker

        ja, so gehoor – wonder waarvan het hy die gout gekry…??

        baie interessante brokkie hierdie

        1. Marthinus Avatar
          Marthinus

          Dis geneties, moet wees. Dan ook die ouderdom is ook nie gaaf nie. Ja, dit is interessant, wys jou net; die Boere het nie moeilikheid gesoek nie. Interessant hoe Krugerstrasse in Switserland sy naam moes verander onder die oog van ‘n ANC afgevaardigde omdat Kruger se uitkyk op ras nie polities korrek was nie en nou hoor ons hoe goeie rasseverhoudings Kruger bewerkstellig het.

        2. Willy Avatar
          Willy

          Haha seker nie van boontjies nie nê Naal.

  3. gas Avatar
    gas

    Weet iemand hoe gaan dit by die Rooi ballon dag?

    1. Seg Avatar
      Seg

      Mense is nog oral op pad begin eers hier by etenstyd vir mense wat werk.
      Is ook nou op pad. Gelukkig baie naby my.

      1. Gas Avatar
        Gas

        Sal julle foto’s op Praag sit asseblief. Kan nie daar wees nie, maar is daar in die gees. Sterkte !

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Ek gaan myne opsit wag net dat dit afgelaai word.

        2. Seg Avatar
          Seg

          Nie veel hier aangegaan nie, was baie teleurgestel in die opkoms.

  4. Seg Avatar
    Seg

    Nee wat hierdie navorsing storie byt ek nie aan nie. Waarom sal dit nou eers uitkom? Met so baie goed wat na baie jare ewe skierlik bekend word.

  5. Willy Avatar
    Willy

    Baie goeie opkoms hier in Pretoria. Nie ‘n papiertjie neergegooi, nie ‘n asblik wat omgekeer was, nie motoriste onder die klippe gestook nie. So kan ek maar net sê. Ons is so beskaafd en duidelik in ‘n ander klas! Die sprekers was ook baie goed gewees.
    Ek hoop dis ‘n jaarlikse instelling. As, dan is my plek geboek.

  6. Arnieann Avatar
    Arnieann

    My bewys !! Hehe.

Leave a Reply