VSA stuur Kirk na inhuldiging

Die VSA sal 'n  hoëvlakafvaardiging gelei deur  handelsverteenwoordiger Ron Kirk na die inhuldiging van Jacob Zuma as president van Suid-Afrika stuur, het die Withuis Maandag in 'n verklaring gesê. Kirk sal op 9 Mei na Pretoria vergesel word deur senior lede van Barack Obama se administrasie. Die name van die lede in die groep is

Lees verder: VSA stuur Kirk na inhuldiging

IVP ontken dat Buthelezi siek is

Die IVP het Maandag mediaberigte ontken waarin beweer word dat Dr Mangosuthu Buthelezi inderhaas na 'n hospitaal gebring is. "Die IVP-president is blakend gesond en het verlede week 'n roetine ondersoek ondergaan," het die party se voorsitter Zanele kaMagwaza-Msibi gesê. "In teenstelling met kwaadwillige mediabeweringe, het die IVP-president die afgelope naweek tuis in Mahlabathini deurgebring."

Lees verder: IVP ontken dat Buthelezi siek is

Mulderbroers moet liefs professore word

Anton Barnard se Gedagtes oor 'n toekomsvisie vir die VF+ is baie deurdag en goed gestel.

Goed genoeg om kommentaar en ook wat kritiek te lewer.

Behalwe wat hy oor Orania skryf stem ek met die meeste saam.

Lees verder: Mulderbroers moet liefs professore word

Afrikaners is weer relevant

Dit is noodsaaklik dat ons na die afgelope verkiesing nie in ‘n gemoedstoestand van negatiwiteit verval nie en die geleendhede wat die huidige situasie aanbied raaksien. Een van die meer positiewe verwikkelinge is dat die Afrikaner weer relevant in die Suid Afrikaanse politiek geword het. Veral vir die DA, was die Afrikaanse stem van kardinale

Lees verder: Afrikaners is weer relevant

Afrikaners laat hulle aan die neus lei

Ek stem saam die Afrikaner is in 'n politieke wildernis en partypolitiek gaan ons nêrens bring in die huidige bestel nie. Die Afrikaner is tans verdeeld en volgens my is daar 3 hoofgroepe: die nie stemmers (hoofsaaklik regses), die wat VF+ stem en derdens die DA  stemmers en ander liberales wat net 'n sterk opposisie

Lees verder: Afrikaners laat hulle aan die neus lei

Gedagtes oor ‘n toekomsvisie vir die VF+

ImageDit is uiteraard maklik om vingers te wys na die VF+ n.a.v. sy vertonings by die stembus sedert 1994. Waarom verkies ‘n groot meerderheid Afrikaners om eerder te stem vir ‘n party wat deur nie-Afrikaners gelei word en wie se beleidsrigtings meestal ‘n blote na-apery van die ANC s’n is, naamlik die DA? Ons kan gerieflikerwys probeer om die VF+ se leierskap te blameer, maar die beste stuurmanne staan hoeka mos aan wal.

Lees verder: Gedagtes oor ‘n toekomsvisie vir die VF+

ANC en VF Plus besit saam ‘n tweederdemeerderheid

Soos 'n ander skrywer vermeld het, is dit werklik verblydend om te sien dat daar soveel deelname aan ontledings ná die verkiesing is. Was dit nie vir die VF+ se powere vertoning nie sou dit seker nie so wees nie, so ten minste het dit een goeie gevolg gehad. Dit is veral Johann Wingard en Anton Barnard se jongste rubrieke wat my inspireer om die debat verder te voer. Beide noem die interessante moontlikheid dat die VF sigself om strategiese redes skaar met die ANC. So 'n verhouding sou baie interessante moontlikhede inhou. Ek wil egter waarsku daarteen dat die VF+ nie versmelt met die ANC indien so 'n opsie moontlik sou word nie. Ons het gesien wat gebeur met partye (soos die NNP) wat versmelt met die ANC. Hul leiers raak gehate figure en hulle moet die ANC se beleid in die geheel opneem.

Lees verder: ANC en VF Plus besit saam ‘n tweederdemeerderheid

Berlusconi se vrou moeg vir sy manewales

Premier Silvio Berlusconi van Italië se vrou wil glo van hom skei. Die ANSA-nuusagentskap sowel as die dagblaaie La Stampa en La Repubblica het berig me. Veronica Lario het ’n prokureur aangestel om ’n skeisaak te begin. Met die stap het sy ook verklaar dat sy nie 'n geveg op tou wil sit nie. Berlusconi

Lees verder: Berlusconi se vrou moeg vir sy manewales

Gevangenisse tans sonder veiligheidstelsels

Die departement van korrektiewe dienste het Sondag ontken dat daar 'n risiko bestaan by gevangenisse omdat 'n kontrak met 'n sekere veiligheidsmaatskappy ten einde geloop het.   Segsman Manelisi Wolela, het gesê hulle sal seker maak dat daar oor die "korttermyn" geen ontsnappings is nie. "Gespesialiseerde veiligheidstelsels is net 'n bykomstigheid by ons bestaande veiligheidstelsel

Lees verder: Gevangenisse tans sonder veiligheidstelsels

Pick ‘n Pay voor met voedselinflasie

Die vakbond Solidariteit se maandelikse voedselprysvergelyking wat sedert die begin van die jaar onder die drie grootste supermarkgroepe in Suid-Afrika gedoen word, het die afgelope week getoon dat voedselpryse die afgelope vier maande met ʼn gemiddeld van 5,5% gestyg het. Verder het die prysverskille van Solidariteit se voedselmandjie tussen die winkelgroepe drasties afgeneem tot minder

Lees verder: Pick ‘n Pay voor met voedselinflasie