Een van die meer positiewe verwikkelinge is dat die Afrikaner weer relevant in die Suid Afrikaanse politiek geword het. Veral vir die DA, was die Afrikaanse stem van kardinale belang, en dit lyk of die ANC onder Zuma voelers uitsteek vir Afrikaanse kundigheid om die verval van dienslewering te bekamp.
Die uitdaging sal wees om Afrikaners as politieke mag te mobiliseer tot voordeel van toekomstige Afrikanerbelange, maar hiervoor is ‘n toekomsvisie nodig wat as inspirasie sal dien, en dit is net hier waar ons met ‘n probleem sit..
Tans is daar geen politieke rolspeler wat so ‘n toekomsvisie aan die Afrikaner bied nie, met die gevolg dat daar geen realistiese alternatief vir die Afrikaner is as om vir die DA (met sy uitstekende negatiewe politieke veldtog) te stem nie..
En wat kan so ‘n toekomsvisie behels? Wat motifeer die Afrikaner tans en wat het hom die afgelope twee eeu aangespoor? Die opbou van eie kultuur en opleidingsinstellings lyk op die oog af belowend; maar vir die gewone Afrikaner wat kop bo water moet hou onder ‘n toenemende agtergrond van wetteloosheid en burgerlike verval, beteken dit nie veel nie. As dit by fisiese, ekonomiese en kulturele sekuriteit kom is die enigste langtermynoplossing ‘n sekere mate van selfbeskikking.
Dit is dus vreemd dat daar in ‘n gebied soos Pretoria/Centurion waar honderde duisende Afrikaners gekonsentreer is; niemand tot dusver probeer het om Afrikaners polities te mobiliseer met ‘n visie van streeksautonomie nie. So ‘n kernstreek kan fisiese; ekonomiese n kulturele sekerheid aan die Afrikaner bied, iets waarna hulle op die oomblik smag.
Weereens word daar nou ook verwarring geskep tussen die term Afrikaner, wat blank is, en dié wat slegs Afrikaans praat, die sogenaamde Afrikaanses of Afrikaanssprekendes en daarbenewens van 'n verskillende etniese groep is .
Naspers is links en die verkeerde opsie, net soos Zuma wat tot nou toe net die regte verkiesingsgeluide gemaak het.
