Waar ek nie saamstem nie is sy historiese agtergrond. Die idee dat die term Afrikaner geskep is uit "Cape Dutch" en dies meer wat aangehaal is, is volgens my nie heeltemal korrek nie.
In ensiklopedieë is die term "Afrikaner" wel bekend as iemand van blanke Europese en Kaaps-Hollandse afkoms, ander taal/volksgroeperinge het natuurlik ook 'n rol gespeel in die vorming van die Afrikaner soos ons vandag is.
Die Afrikaner het mettertyd al in die 18e eeu ontstaan as nasate van Hollanders, Duitsers, Hugenote en met die Trekboere, later Voortrekkers, se uittog uit die Kaap het die nuwe groep Boere/Afrikaners ontstaan. Die "Cape Dutch" wat egter agtergebly het in die Kaap, het veel later ook verafrikaans maar het ook nog maar meestal Hollands of Engels gepraat. Met die gelydelike "Afrikaansing" van Kaaps-Hollands het die Afrikaner en sy taal meer begin groei teen die latere jare van die 19e Eeu en met die vestiging van die ZAR(later Transvaal) en Oranje Vrystaat. Joiners, hensoppers , hanskakies was eintlik die verraderllike pro-Britse deel van sogenaamde Afrikaners, die Bittereinders die meer getroue deel.
Post Anglo-Boereoorlog het Afrikaners in 2 groepe verdeel- Die Pro-Britte wat onder Jan Smuts, Louis Botha was en die Nasionaliste onder JBM Hertzog wat gekant was teen deelname saam met Brittanje in die sg. 1ste Wêreldoorlog wat eintlik net 'n Europese oorlog -"The Great War" was.
Hoekom ek bogenoemde noem, is om te wys dat die Afrikaner tans, soos in die verlede, baie verdeeld is.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.