Skokbesluit van Boris Johnson se vertroueling lei tot sy bedanking

Een van die groot Brexit-voorstanders en Britse minister van justisie, Michael Gove, het in skokaangekondig verklaar dat hy verkiesbaar is om David Cameron as Brittanje se eerste mi­nister op te volg. Hy het terselfdertyd ’n skerp aanval van stapel gestuur op sy referendum-bondgenoot, Boris Johnson, wat intussen sy uittrede aangekondig het. “Ek wou help bou

Lees verder: Skokbesluit van Boris Johnson se vertroueling lei tot sy bedanking

Prys van basiese mandjie kos met 15% op

Die prys van ‘n basiese mandjie kos het in Mei met meer as 15% gestyg in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar. Dit blyk uit die jongste Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) se maandelikse kosmandjieprys-verslag. Die mandjie bestaan uit 22 items, insluitend dinge soos suiker, melk, eiers, gebakte bone, appels, brood, mieliemeel, stowevleis en hoender, onder andere.

Lees verder: Prys van basiese mandjie kos met 15% op

Landmyn eis agt na VSA se nuwe ambassadeur in Somalië land

‘n Landmynontploffing het dié week minibus net buite die Somaliese hoofstad, Mogadishoe aan flarde geruk en die lewens van minstens agt mense geëis en talle beseer, het ‘n ooggetuie gesê. Niemand het onmiddellik aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar nie, maar die Somaliese terreurgroep, Al-Sjabaab, wat bande met Al-Kaïda het, het in die verlede ‘n string

Lees verder: Landmyn eis agt na VSA se nuwe ambassadeur in Somalië land

Toyota SA ook geraak deur lugsakfoute van sekere modelle

Toyota Suid-Afrika het bevestig dat meer as 500 voertuie geraak sal word deur ‘n wêreldwye onttrekking van sekere modelle wat deur die motorvervaardiger aangekondig is. Die maatskappy sê voertuie wat teruggeroep sal word, sluit in 260 eenhede van die Lexus CT 200 H en 270 Toyota Prius modelle. Toyota Suid-Afrika sê eienaars sal deur Toyota-handelaars

Lees verder: Toyota SA ook geraak deur lugsakfoute van sekere modelle

Eureka! ek verstaan nou die sin van die Angola-oorlog

Die nagtelike ”river crossing” iewers diep in Angola en die krokodille waaraan ek nou eers dink het eindelik ‘n lig vir my aangeskakel oor die sin van ons grensdiens. Ek meen vir elkeen wat swaar sluk aan die sogenaamde nuwe Suid-Afrika en terugdink aan ons opofferings – baie het die hoogste offer gebring en ‘n

Lees verder: Eureka! ek verstaan nou die sin van die Angola-oorlog

ANC in Kaap brand busse oor verkeerde nominasie

Die Golden Arrow-busdiens het die vernietiging van twee van sy busse op die N2 naby Kaapstad veroordeel. Hulle het hul busdienste opgeskort in die gebied. ‘n Woordvoerder van Golden Arrow, Bronwynne Dyke sê hulle hou die situasie fyn dop en is bekommerd omdat hul busse in die protesoptrede geteiken en aan die brand gesteek is.

Lees verder: ANC in Kaap brand busse oor verkeerde nominasie

Soeke na bewyse oor dood van Mississippi-aktiviste gestaak

Meer as ‘n halfeeu ná die dood van pro-swart aktiviste in Mississippi, waarop die rolprent, Mississippi Burning gegrond is, is die soeke na bewyse gestaak om meer mense te vervolg. Maar die heksejag teen die vermeende daders van die 1964 “Freedom Summer”-moorde van drie pro-swart aktiviste in Mississippi se Neshoba-distrik meer as ’n halfeeu ná

Lees verder: Soeke na bewyse oor dood van Mississippi-aktiviste gestaak

Cameron se opvolgers skop veldtog af

Die twee gunstelinge om die nuwe Britse eerste minister en leier van die Konserwatiewe Party te word, sal vandag hul veldtogte bekendstel. Die minister van binnelandse sake, Theresa May en voormalige burgemeester van Londen, Boris Johnson (foto hierbo) sal waarskynlik klem lê op hul vermoë om die party weer saam te snoer ná die referendum

Lees verder: Cameron se opvolgers skop veldtog af

PRAAG stel binnekort nuwe veiligheidstoepassing vry

PRAAG wil ‘n oplossing bied vir die verswakkende veiligheidsituasie in Suid-Afrika met ‘n splinternuwe slimfoontoepassing. Die polisie ontvang nasionaal nagenoeg 29 400 noodoproepe per dag by sy 22 beskikbare inbelsentrums. Dié oproepe is na die polisie se 10111-nommer om misdaad aan te meld. Die aantal daaglikse oproepe wat ontvang word, is ongeveer 20 oproepe per

Lees verder: PRAAG stel binnekort nuwe veiligheidstoepassing vry

Beroemde Jan Hettema naby Pretoria vermoor

Die beroemde Springbokfietsryer en tydrenjaer Jan Hettema is gisteroggend te Boschkop net oos van Pretoria vermoor. ‘n Bende rowers het ingebreek en die 83-jarige Hettema doodgeskiet, terwyl hulle sy vrou ook aangeval en beseer het. Sy dogter Helena Hettema is insgelyks ‘n bekende Afrikaanse sangeres. Hettema is oorspronklik in Nederland in Leeuwarden gebore. Gister is

Lees verder: Beroemde Jan Hettema naby Pretoria vermoor