Die beroemde Springbokfietsryer en tydrenjaer Jan Hettema is gisteroggend te Boschkop net oos van Pretoria vermoor. ‘n Bende rowers het ingebreek en die 83-jarige Hettema doodgeskiet, terwyl hulle sy vrou ook aangeval en beseer het.
Sy dogter Helena Hettema is insgelyks ‘n bekende Afrikaanse sangeres. Hettema is oorspronklik in Nederland in Leeuwarden gebore. Gister is daar ook vanuit die Nederlandse parlement navraag oor Hettema se moord gedoen.
Volgens Netcare 911 was Hettema reeds dood toe hul ambulans op die toneel aankom. ‘n Woordvoerder, Athlenda Mathe, sê: “Toe ons op die toneel aankom, het ons gevind dat die bejaarde man reeds gesterf het, as gevolg van die skietwond wat hy opgedoen het. Ons het hom op die toneel dood verklaar, waarna sy liggaam aan die Bosckop-polisie oorhandig is.”
Volgens berigte het Hettema en sy vrou Elsa hulle in die slaapkamer probeer toesluit nadat hy buite opgemerk het dat gewapende swartes met klapmusse op die perseel was. Die deur is egter afgebreek, waarna die boosdoeners Hettema na die kombuis geneem en in die gesig geskiet het.
Hettema het vyf keer die Suid-Afrikaanse tydrenkampioenskap gewen. Hy het ook namens Suid-Afrika as fietsryer aan die Olimpiese Spele in 1956 in Australië deelgeneem.

Nou wonder ek watter geloofoortyging die moondenaar huldig ……. sekerlik nie dieselfde as Wyle Hettema nie?
Ag ek twyfel sterk of ooit sal weet wat dit beteken.
Vir hom is dit net “one white man, one bullet.” die skurk.
Ek is seker baie duisende mense voel net so hartseer en bitter soos ek, maar sê maar liewer niks omdat woorde ontbreek en omdat dit tog geen verskil sal maak nie. Ons betuig nietemin ons innigste meegevoel met mev Hettema en ook met Helena. Ons wens mev Hettema spoedige herstel toe, hoewel sy na hierdie skrikwekkende gebeurtenis waarskynlik nie eers meer wil lewe nie. Wat ‘n droewige dag, wat ‘n droewige land.
Mamelodi suid word al hoe gevaarliker.
“Mamelodi is the name of the
township on the outskirts of Pretoria, but is, according to tradition,
the name that was given to Paul Kruger. The full name bestowed on him by
the blacks was in fact Mamelodi’a Tshwane, which literally means “the whistler of the Apies river”
http://africanlanguages.com/south_africa/place_names.html
Dankie – inderdaad ‘n iterressante brokkie.
Met n’ wapen in hulle besit,sou hulle oorleef het !