praag.co.za

ANC in Kaap brand busse oor verkeerde nominasie

Written by

in

,

Die Golden Arrow-busdiens het die vernietiging van twee van sy busse op die N2 naby Kaapstad veroordeel. Hulle het hul busdienste opgeskort in die gebied.

‘n Woordvoerder van Golden Arrow, Bronwynne Dyke sê hulle hou die situasie fyn dop en is bekommerd omdat hul busse in die protesoptrede geteiken en aan die brand gesteek is.

Dyke sê hulle is egter verheug dat daar geen beserings is nie.

Twee mans sal binnekort in die hof verskyn nadat motoriste tydens die protesoptrede beroof is.

Die onrus het blykbaar uitgebreek uit ontevredenheid met die ANC se kandidatelys vir die komende verkiesing.

ANC-lede is ontevrede met die party se raadslidlys vir die 3 Augustus plaaslike regeringsverkiesings.

Oproeriges het gesê hulle wou dat die regerende party van hul frustrasies bewus raak.

Motoriste moes alternatiewe roetes gebruik wat gelei het tot verkeersknope.

Pendelaars is gestrand gelaat nadat die busse aan die brand gesteek is. Die polisie het rubberkoeëls en skokgranate gebruik om die 200 betogers uiteen te jaag.

ANC-lid Nomalizo Ngcawana het gesê hulle het begin met oproer nadat hulle uitgevind het die kandidaat wat hulle genomineer het is nie geregistreer nie en in plaas daarvan verskyn Bongani Ngcombolo se naam op die kandidatelys.

Sy het gesê die ANC-taklede eis onmiddellike ingryping.

Comments

5 responses to “ANC in Kaap brand busse oor verkeerde nominasie”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Altyd ander mense se goed wat brand as hulle ongelukkig is.

  2. Zapata Avatar
    Zapata

    Infamous last words – “We will liberate ( irritate) this country with our matches and tires” – W the poop mandela.
    Nou lyk dit vir my is meeste swartes gebore brandstigters van persoonlike aard.
    Miskien moet hulle uit hul ongelukkigheid en protes liefs Ncuntla aan die brand gaan steek ?

    1. Ou Transvaal Avatar
      Ou Transvaal

      Hulle sal nie naby NCUNTLA kom nie die koning sit daar.
      Net nou die dag hoor ons die gespog dat die Kaap wet en orde het …..o..dit was die DA wat nie eers hul eie leier glo nie .
      Met die ewige telefoniese verkiesing oproepe vra die werwingspersoon of hulle rassiste as kiesers aanvaar , ek het dit twee keer gedoen en beide kere wou hulle net die stem he.
      Ter inligting—vind uit wat die maandlikse salaris van ‘n raadslid is , in my plattelandse area is dit R54 000-00 PRE MAAND!!!!!!!!!dit sonder ‘n spesiale pligte soos bv publieke veligheid.

  3. Mattewis Kat Avatar
    Mattewis Kat

    Dis hoe ons wat daarteen gestem het, geweet het dat De Klerk destyds nie geweet het waarvan hy praat toe hy oor “wigte & teenwigte” ge-yl het nie. Die deursnit inboorling verstaan nie demokrasie nie, omrede hulle nie demokraties dink nie. Die sterke moet wen, en hulle persepsie is dat hulle baie is, en sterk is. Hulle begin nou swakheid in die ANC sien, en dit gaan gevaarlike situasies soos hierdie en verlede week in Pretoria in felheid sien toeneem. Die ANC heerserskap neem hierdie gevaartekens ook nie ter harte nie. Ongelukkig voorspel dit niks goeds nie en met wat nou plaasvind is alle aanduiding dat die 2019 algemene verkiesing in chaotiese ellende gaan ontaard. Dis nou maar seker die natuurlike uiteinde as jy vir ‘n paar (internasionale) silwer munte die mag oorhandig aan ‘n terroriste organisasie met ‘n onderontwikkelde- en geweldadige elektoraat.

  4. Riempies Avatar
    Riempies

    Mens begin die idee kry dat die regering niks aan hierdie
    barbaarse verwoestende gedrag doen nie as weerlig afleier vir die dreigende
    stamgevegte.

Leave a Reply