praag.co.za

Prys van basiese mandjie kos met 15% op

Written by

in

,

Die prys van ‘n basiese mandjie kos het in Mei met meer as 15% gestyg in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar.

Dit blyk uit die jongste Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) se maandelikse kosmandjieprys-verslag.

Die mandjie bestaan uit 22 items, insluitend dinge soos suiker, melk, eiers, gebakte bone, appels, brood, mieliemeel, stowevleis en hoender, onder andere.

Dit toon dat die koste van die mandjie, behalwe vir lemoene, met net meer as R80, vanaf bykans R520 in Mei 2015 tot meer as R600 Mei 2016 duurder geword het.

Hoenderporsies het die grootste toename getoon, van meer as 58% vir die jaar-tot-jaar prys, met aartappels volgende aan die beurt. Dit is 45% duurder as verlede jaar.

Comments

7 responses to “Prys van basiese mandjie kos met 15% op”

  1. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Ek dink die statistiekdiens is skoon simpel met hulle <8% inflasiekoers. Ek wonder wie glo hulle nog. Die VPI waaruit die inflasiekoers bereken word is 'n politieke stuk gereedskap wat geheel misbruik word deur die regering en die reserwebank. (Byvoorbeeld word substitusie van duurder items deur goedkoper items geïgnoreer.) Ek haal aan uit Investopedia:

    "Many government payments, such as Social Security and the returns from TIPS, are linked to the level of the CPI; therefore, a lower CPI translates into lower payments – and lower government expenditures."

    Lees die hele artikel hier: http://www.investopedia.com/articles/07/consumerpriceindex.asp
    Hier is 'n ander een: http://econperspectives.blogspot.co.za/2008/10/limitations-of-using-consumer-price.html

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Lieg, grootlieg, statistiek….

    2. Johan Avatar
      Johan

      Ek onthou nog die eenvoudige antwoord van die Ekonomie-dosent oor die berekening van inflasie, “Neem die groei in die geldvoorraad per jaar, trek 1 of 2% daarvan af, dit dan is die werklike koers. Deel dan 72 deur hierdie koers om die waardevermindering van geld te bepaal.”

      1. Kalium_Chloraat Avatar
        Kalium_Chloraat

        Juis, inflasie is die prys wat ons betaal vir die regering en die banke se vermeerdering van die geldvoorraad, ‘n soort van belasting toegepas op die bevolkink vir die voordeel van die regering en die banke.. Dieselfde hoeveelheid produkte word gedryf deur ‘n groter geldvolume en siedaar – inflasie.

        1. Johan Avatar
          Johan

          Ja so waar, nog nooit so daaroor nagedink nie.

  2. jan Avatar
    jan

    ‘n Oulike boekie word deur Orania bemark: hoe om self onderhoudend uit jou tuin groentes te verbou – en wat nog nie alles nie.
    Tot my verbasing het my kinders in Ingeland nou ook so ‘n klein plot gehuur teen belaglik goedkoop. En nou word daar geboer laat die stof so staan en die kindertjies het hul hoendertjies en diertjies….net soos ‘n plaas
    Pa het reeds sy groentes geplant, .hoor!

    1. Zapata Avatar
      Zapata

      Nader n volks-vriendelike boer en vra of jy n klein stukkie grond groot genoeg vir n groentetuin by hom kan huur nie – begin dan jou eie groentetuin. Selfversorgend kan jou baie geld spaar. Ons gaan dit baie nodig kry – honger tye kom vining nader. ** Leer hoe om groentes en vleis te droog en bou n noodvooraad op. HKGK

Leave a Reply