Pres. Jacob Zuma het alle grootouers ‘n gelukkige grootouer-dag toegewens. Oupa- en ouma-dag word Sondag gevier. ”Ons moedig alle Suid-Afrikaners, en veral jongmense, aan om hul grootouers te respekteer en beskermers van grootouers se regte en welstand te wees,” het die president in ‘n verklaring gesê. ”Ek wens alle grootouers namens die regering en die
Tweede skoolseun in Pretoria sterf aan onbekende oorsake
’n Gr. 9-leerling aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria is Vrydag in die hospitaal oorlede aan onbekende oorsake. Zander Delport (15) was ‘n nasionale atletiekkampioen en enigste kind. Sy dood volg kort op die hakke op die raaiselagtige dood van Jason Kuin (15), ’n gr. 9-leerling aan die Hoërskool Waterkloof in Pretoria. Dirk Taljaard,
Lees verder: Tweede skoolseun in Pretoria sterf aan onbekende oorsake
Maak seker jou motor sluit om diewe te fnuik
Al hoe meer motoriste word deur misdadigers geteiken wat die afstandsbeheer van hul ryding se sluitstelsel blokkeer. Motoriste moet hul motor se deure liefs nagaan nadat hulle dit met die afstandsbeheer gesluit het, sê kapt. André Beetge van die polisie in Port Elizabeth, waar dié misdaad toeneem. As die afstandsbeheer geblokkeer is, sluit die deure
SEB-fronte geteiken
Die praktyk van fronte vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) is onvergeeflik, het president Jacob Zuma Donderdag gesê . By die eerste nasionale beraad oor breëgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging (BBSEB) in Midrand, het Zuma gesê “fronte is onvergeeflik want dit verwring ons bemagtigingsprentjie en gee ‘n indruk van vordering waar daar nie is nie”. “Dit is
Konsensuele seks tussen kinders nou wettig
Nege regters van die Grondwethof het eenparig beslis dat artikels 15 en 16 van die Wet op Strafreg (Seksuele Oortredings en Verwante Aangeleenthede) ongrondwetlik is. Konsensuele seks, soen en vry tussen kinders van 12 tot 16 jaar sal dus nie meer as misdade beskou word nie. Die hof het bevind die artikels die waardigheid en
Swart vrou doodgeskiet nadat sy op Withuis afjaag
‘n Swart vrou het Donderdagaand glo probeer om met ‘n motor deur ‘n hek by die Withuis te jaag, het die Amerikaanse TV-netwerk ABC gisteraand berig. Dit was ‘n geïsoleerde voorval en blyk nie ‘n terroriste-aanval te wees nie, het ‘n polisiehoof wat die media in Washington te woord gestaan het ná ‘n voorval vroeër die
Lees verder: Swart vrou doodgeskiet nadat sy op Withuis afjaag
Jeugliga agter Ramaphosa vir president
Die ANC-jeugliga het sy steun aan Cyril Ramaphosa, adjunkpresident van die ANC, toegesê om Suid-Afrika se volgende president te word. “Dit is die regte ding om te doen. Dit is die enigste manier waarop die ANC sy interne demokratiese prosesse kan uitbou,” het Mzwandile Masina, sameroeper van die liga se nasionale taakspan (NTT), aan die
Boer in Sabie doodgeskiet in plaasaanval
Paul Mason (63) is Donderdag op sy plaas, Kruisfontein, by Sabie deur plaasaanvallers doodgeskiet. Dié was die tweede aanslag op Mason, ‘n bosbouer, se lewe. Hy is in 2010 ook op sy plaas gewond. Hy en sy vrou, Gwen (58), het vroegoggend van die huis vetrek om bosbou-spanne op die plaas te gaan besoek, berig Beeld.
Inspekteurs gaan op sjebiens toeslaan
Die Gautengse Drankraad sê korrupsie met die uitreiking van dranklisensies is een van die faktore wat die bedryf die ergste kniehalter. Die Raad het by die bekendstelling van ‘n bewusmakingsveldtog in Boksburg aan die Oos-Rand gesê handelaars met vervalste lisensies en informele persele sal vasgevat word. Wetstoepassers het hulle steun aan die Raad se veldtog
Chippy Shaik ook voor Seriti-kommissie
Die Seriti-kommissie wat ondersoek instel na die omstrede wapentransaksie is tot 14 Oktober uitgestel. ‘n Woordvoerder, William Baloyi, sê die besluit is geneem sodat sekere dokumente gedeklassifiseer kan word. Die kommissie sal ook intussen persone wat tydens getuienis genoem is, raadpleeg. Volgens berigte sal Chippy Shaik wat die hoof van verkrygings was vir die weermag
