Pres. Jacob Zuma het alle grootouers ‘n gelukkige grootouer-dag toegewens.
Oupa- en ouma-dag word Sondag gevier.
”Ons moedig alle Suid-Afrikaners, en veral jongmense, aan om hul grootouers te respekteer en beskermers van grootouers se regte en welstand te wees,” het die president in ‘n verklaring gesê.
”Ek wens alle grootouers namens die regering en die mense van Suid-Afrika ‘n gelukkige en geseënde grootouerdag toe.” – Sapa
