NWU-oproer bedaar

Die visekanselier van die Noordwes Universiteit, Dan Kgwadi sê akademiese aktiwiteite sal Dinsdagoggend op die Mahikeng-kampus hervat word. Klasse is Maandag opgeskort weens studente-oproer. Die betogers eis dat uitkontraktering beëindig word, en dat studente met uitstaande skuld toegelaat word om te registreer. ‘n Studentevoertuig en ‘n beurskantoor is tydens die betoging aan die brand gesteek.

Lees verder: NWU-oproer bedaar

Brexit kan EU in krisis dompel

Die Britse eerste minister, David Cameron het ‘n vergadering met die Europese Parlement se president, Martin Schulz en ander lede van die EU-parlement bygewoon om oor Brittanje se standpunte rakende Brexit te onderhandel. Brittanje­ sal ‘n referendum hou of dit in die EU wil bly of wil onttrek, indien Cameron nie sy sin kry nie.

Lees verder: Brexit kan EU in krisis dompel

Plaasaanvallers met Whatsapp-boodskap vasgetrek

‘n Bejaarde boer in die Araob-omgewing in Namibië is Maandag helder oordag deur vier swartes aangeval, maar die booswigte is mbv ‘n Whatsapp-boodskap wat na boere versprei is, vasgetrek. Die vier het Percy Barnard omstreeks 13:00 op sy plaas noordoos van Aroab oorrompel nadat hulle hom buite sy huis ingewag toe hy van die veld

Lees verder: Plaasaanvallers met Whatsapp-boodskap vasgetrek

Ouers vrees vir pers studente se veiligheid

Dr. Joggie Briedenhann, pa van Christine (Poekie) sê hy is “uiters teleurgesteld met hoe die US die hele saak benader het” nadat sy dogter en ‘n vriendin lukraak van rassisme beskuldig is oor pers gesigverf. Christine se veiligheid op kampus ná die voorval, is ‘n groot bron van kommer weens dié openlike intimidasie. “Sy het

Lees verder: Ouers vrees vir pers studente se veiligheid

SAR hoop op vrede

Verkiesingsbeamptes het begin om die stemme te tel nadat kiesers in die Sentraal-Afrikaanse Republiek in verkiesings wat eers uitgestel is, vir die wetgewende liggaam en die president gestem het. Die hoop is uitgespreek dat ’n einde aan die ergste sektariese geweld sedert die land se onafhanklikwording in 1960 nou gemaak sal word, het AFP berig.

Lees verder: SAR hoop op vrede

‘Afrikaners wat wen’ laat krieketkaptein na sy hart gryp

‘n Twiet oor Afrikaners se aandeel in ‘n krieketoorwinning deur ‘n bekende sportjoernalis het die Protea-kaptein na sy hart laat gryp. Nasiebouer AB de Villiers is ontsteld omdat Dan Retief getwiet het dat ‘n beslissende eendagwedstryd teen Engeland deur “twee wit Afrikaners” gewen is. Die Proteas het die laaste van vyf eendagwedstryde teen Engeland op

Lees verder: ‘Afrikaners wat wen’ laat krieketkaptein na sy hart gryp

SGS Mathew Smorenburg lei heksejag teen US-studente

Die Namibiese student en haar vriendin wat geskors is omdat hulle hulself pers geverf het, se regsverteenwoordiger sê hy het in 25 jaar in die praktyk het nog nie so ‘n “flagrante vertrapping van ‘n student se regte deur sy eie universiteit gesien nie”. Poekie Briedenhann (20) en Jo-Anne Cloete (19) is verlede week hangende

Lees verder: SGS Mathew Smorenburg lei heksejag teen US-studente

EFF dreig om Tuks onregeerbaar te maak oor Afrikaans

Die EFF dreig om die Universiteit van Pretoria (UP) onregeerbaar te maak as Afrikaans as onderrigtaal nie teen Vrydag afgeskaf word nie. UP is die volgende teiken wat uitgesonder is vir openlike konflik ná die #FeesMustFall-veldtog. Die ultimatum aan Tuks is Maandag deur Kabelo Mahlobogwane, EFF-voorsitter gestel. “Ons sal die universiteit onregeerbaar maak as die

Lees verder: EFF dreig om Tuks onregeerbaar te maak oor Afrikaans

Wit Namibiër eerste om van terreur aangekla te word

Johannes (Johan) Martinus Mostert van die plaas Swartmodder in die Otjiwarongo-distrik is die eerste mens in die geskiedenis van Namibië wat ingevolge die Wet op die Voorkoming­ en Bestryding van Terroriste- en Proliferasie-aktiwiteite (Wet No.4 van 2014) aangekla is. Mostert het Donderdag in die landdroshof op Otjiwarongo verskyn en is ingevolge artikel 17 (1a en

Lees verder: Wit Namibiër eerste om van terreur aangekla te word

Odi-stadion, miljoene in die swart put

Die vervalle Odi-stadion in Mabopane is nog ‘n voorbeeld van miljoene rande wat in die swart put verdwyn het. Die Pretoria Rekord berig dat die 60 000-sitplek fasiliteit 30km noord van Pretoria, nou ‘n toevlugsoord vir misdadigers en nyaope-gebruikers is. Die stadion is gebou om die voormalige Bophuthatswana-regering te ondersteun met sportontwikkeling. Daarvan het dadels

Lees verder: Odi-stadion, miljoene in die swart put